Waarnemers wag op China se stimulusplan
Chinese leiers hou vroeg volgende maand ‘n belangrike politieke vergadering terwyl waarnemers wag vir meer besonderhede oor ‘n stimulusplan om die land se wankelende ekonomie te verstewig. Die tweede grootste ekonomie ter wêreld sukkel om na die pandemie ten volle te herstel, want groei word teruggehou deur ‘n voortgesette eiendomskrisis, trae binnelandse besteding en moeilike […]
Venter speel sy 50ste wedstryd vir Stormers
Rugby: Haker André-Hugo Venter gaan sy 50ste wedstryd vir die Stormers speel in môre se Verenigde Rugbykampioenskapskragmeting met Glasgow in Stellenbosch. Die 23-jarige is in die beginspan saam met die Wêreldbekerwenners Manie Libbok en Frans Malherbe, wat albei die eerste keer dié seison vir die Kaapse span speel. Met Libbok op losskakel, skuif Damian Willemse […]
NSA gaan proef-opname gebruik vir voorbereiding
Die Namibiese Statistieke Agentskap het aangekondig dat die 2025/2026-proef Namibië Huishoudelike Inkomste- en Uitgawes-opname-veldwerk, wat op 30 September begin het, op 20 Oktober suksesvol afgehandel is. Die proefopname het ten doel gehad om hul gereedheid te toets vir die hoof-opname, wat vanaf Maart 2025 sal begin. Die agentskap stel Namibiërs in kennis dat daar nie […]
Voedselvergiftiging is nasionale sekerheidsbedreiging: minister
Die gesondheidminister, Aaron Motsoaledi, ondersteun die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur se standpunt wat voedselvergiftiging as ‘n nasionale sekerheidsbedreiging klassifiseer. Dit volg op verskeie voorvalle in ‘n aantal provinsies. In die mees onlangse geval is 24 leerders van Enzani Primary in Matsulu, Mpumalanga, hospitaal toe gehaas weens vermoedelike voedselvergiftiging. Motsoaledi het aan die SABC gesê […]
Blinken vergader met Libanon se eerste minister
Die Amerikaanse buitelandse sake-minister, Antony Blinken, het in Londen met Libanon se eerste minister, Najib Mikati, vergader oor Israelse aanvalle op die land terwyl Washington druk uitoefen op Beiroet om Hezbollah vas te vat. Blinken het op pad terug van die Midde-Ooste met Mikati vergader, wat die vorige dag op ʼn konferensie oor Libanon in […]
Ronwen Williams benoem vir drie CAF-toekennings
Sokker: Die kaptein van Bafana Bafana, Ronwen Williams, is in drie kategorieë benoem vir die 2024 Konfederasie van Afrikasokker-toekennings. Hy is benoem as Speler van die Jaar, Doelwagter van die Jaar en Interklub Speler van die Jaar. Die afrigter van Bafana Bafana, Hugo Broos, is intussen as Afrigter van die Jaar benoem. Bafana Bafana is […]
Duurder vliegkaartjies beïnvloed dalk plaaslike toerisme
Die gemiddelde kamerbesettingskoers het in die derde kwartaal tot 63,46 persent gedaal, van 64,84 persent in dieselfde tydperk verlede jaar en 64,74 persent in 2019. Die sentrale- en kus-dele het die grootste daling getoon, terwyl besettingskoerse in die Noorde gestyg het, moontlik aangedryf deur hernieude belangstelling in landelike toerisme en verbeterde infrastruktuur. Daar is verskeie […]
Brave Gladiators ransel Seychelles 7-0 af
Namibië se Brave Gladiators het die Seychelle met 7-0 verslaan in die Cosafa Vrouekampioenskap in Gqeberha, Suid-Afrika. Die halftyd-telling was 3-0. Die Gladiators se telling is selfs meer as die 6-0 waarmee Eswatini die Seychelle geklop het. Die Gladiators het nou drie punte en sal die tweede plek in Groep A inneem, afhangende van die […]
Internskappe goed, maar stelsel moet verander vir meer werk
Die Namibië Nasionale Internskapprogram het reeds 990 studente in Werksgeïntegreerde Leer in verskeie sektore geplaas, sedert die bekendstelling in 2019. Die program is gestig om studente by te staan wat internskappe benodig om te gradueer, terwyl dit inrigtings van hoër onderwys help om internskapplasings vir studente te verseker, en sodoende werkskepping onder die jeug te […]
O&L Leisure verskuif fokus na premium-kliënte: Thieme
O&L Leisure se Strand Hotel Swakopmund is vir die derde agtereenvolgende jaar aangewys as “Namibië se Voorste Strandhotel 2024” by die Wêreldreistoekennings Afrika-geleentheid wat in Kenia gehou is. O&L Leisure is ‘n filiaal van die Ohlthaver & List-groep. Volgens O&L Leisure beklemtoon die erkenning die hotel se uitstaande diens en uitnemendheid in gasvryheid, wat sy […]