Navorsing met druk op SA-families, strook met plaaslike omstandighede
Byna die helfte van Suid-Afrikaanse salaristrekkers het minder as 1 000 Suid-Afrikaanse rand oor of worstel met negatiewe saldo’s teen betaaldag. Dit is volgens ‘n ontleding deur Standard Bank, waaraan 402 000 mense deelgeneem het. Die gebrek aan besteebare kontant is waarskynlik omdat salarisse nie tred gehou het met inflasie nie. Kosmos 94.1 Nuus het […]
Stemdag is vakansiedag
President Nangolo Mbumba het Woensdag, 27 November as ‘n openbare vakansiedag verklaar. Dit is in die lig van die presidensiële en parlementêre verkiesings wat daardie dag plaasvind en is standaard prosedure. Mbumba het Namibiërs versoek om die dag te gebruik om hul demokratiese plig uit te oefen en vir leiers van hul eie keuse te […]
Mielieprys styg, voorraad is knap
Die mielieprys sal styg en sal ‘n impak op Namibiese huishoudings hê as gevolg van die nodige invoere. In Suid-Afrika sê Wandile Sihlobo van die Landbou-sakekamer dat terwyl die buurland ‘n swak mielie-oes in die 2023-2024-seisoen gehad as gevolg van die mid-somer droogte is daar genoeg voorraad vir die plaaslike verbruik en uitvoere. Maar dis […]
Bolla-emoji word standbeeld vir Capitol-betogers
Daar is ‘n nuwe tydelike standbeeld wat aandag trek naby die Amerikaanse Capitol… ‘n brons uitbeelding van die aanlyn onlasting-, of te wel, bolla-emoji. Effe groter as ‘n sokkerbal, is dit so geplaas om die bekende koepel van die Capitol-gebou te komplementeer. ‘n Teken onthul die doel daarvan: “Hierdie gedenkteken vereer die dapper mans en […]
Lüderitz kry vyf-ster hotel
Die suidelike kusdorpie van Lüderitz ervaar op die oomblik ongekende ontwikkeling as gevolg van die olie- en gasbedrywe en nou kom die nuus dat ‘n vyf-ster hotel beplan word. Op die oomblik word rolspelers en belanghebbendes uitgenooi om beswaar te maak op die hersonering van erf XVI na ‘besigheid’ om die hotel te bou. Besware […]
Ingrypings by spazawinkels begin
Die Departement van Kleinsakeontwikkeling in die buurland en die regering stel ‘n township en landelike ekonomiese beleid op om spazawinkels te reguleer na gevalle van voedselvergiftiging in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga. Tydens ‘n debat in die Parlement het politieke partye beklemtoon die stap is nie xenofobies nie, en gevra winkels wat nie voldoen aan standaarde […]
Gewelddadige betogings in Mosambiek na Frelimo wen
Mosambiek het die week gewelddadig afgesluit met betogings ná die regerende party Frelimo se herverkiesing ná 49 jaar aan bewind. Betogers sê hulle stemme is gesteel deur ‘n korrupte verkiesingskommissie. Frelimo se oorwinning is Donderdag aangekondig en kandidaat Daniel Chapo het 71 persent van die stemme op hom verening. Oproeriges het bande aan die brand […]
Aussies skort verbod op David Warner op
Australië se beheerliggaam het die lewenslange leierskapsverbod op die veteraan-kolwer David Warner opgehef. Hy is ook vir ‘n jaar uit die spel verban vir sy aandeel aan die balpeuter-skandaal in Kaapstad in 2018. Warner was onderkaptein vir die toets teen die Proteas, en hy en kaptein Steve Smith is albei geskors omdat hulle die bouler […]
Stad Whk omskep ou substasies in erwe in winsgewende stap
Die Stad Windhoek beplan om verouderde elektrisiteitsubstasies vir residensiële gebruik in die stad se oudste woonbuurtes te verkoop. Minstens 25 substasies met ‘n totale grondoppervlakte van meer as 2,3 hektaar is vir hierdie doel geïdentifiseer. Die geïdentifiseerde substasies is op erwe van ongeveer 450 vierkante meter of meer geleë en is in bediende gebiede wat […]
Moslem-huwelike nou in SA erken, ook terugwerkend
Die Departement van Binnelandse Sake bied paartjies ʼn herdruk aan om hul huwelike as Moslems te erken teen ‘n fooi van 20 Suid-Afrikaanse rand. Drie-en-dertig huweliksertifikate is onder die nuwe klassifikasie uitgereik, die eerste amptelike erkenning van Moslem-verbintenisse in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê met die herdruk-opsie kan Moslem-egpare […]