SA maak vordering om van gryslys te kom
Die DA verwelkom die Finansiële Aksietaakmag se aankondiging dat Suid-Afrika aansienlike vordering gemaak het om probleme op te los wat gelei het tot insluiting by die gryslys. Die land het 37 van 39 kriteria afgemerk wat die taakmag moes hanteer vir sy volgende hersiening in 2026/2027. Wendy Alexander van die DA sê hulle het lank […]
Park verwelkom bongokalf in groot bewaringsukses
‘n Bongokalf, ook bekend as ʼn bos-eland, het by ‘n safaripark in Bedfordshire, Engeland, aangekom, die eerste geboorte van die spesie daar in meer as tien jaar. Die Bongo is een van die mees kritiek bedreigde diere op die planeet en daar is eenstemmigheid die geboorte by die Woburn-safaripark is ‘n groot sukses vir globale […]
Katima vra al vir 8 jaar hulp met rioolstelsel, kry niks
Katima Mulilo staar ‘n kritieke probleem in die gesig met sy verouderde rioolstelsel, wat in 1989 gebou is vir ‘n bevolking van 8 000, maar nou 46 000 inwoners bedien. Die verouderde en lekkende pype het ondergrondse waterbesoedeling veroorsaak, met gebiede soos Boma en Newlook wat gereelde rioolstortings ervaar. As gevolg van verswakte pype sink […]
6 Soweto-kinders dood van organofosfaat-chemikalie Terbufos
Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, het aangekondig ‘n toksikologieverslag het bevestig ‘n organofosfaat-chemikalie, Terbufos, het die dood van ses kinders in Naledi, Soweto, veroorsaak. Die leerders het vroeër die maand siek geword nadat hulle versnaperings geëet het wat by ‘n plaaslike spaza-winkel gekoop is. Motsoaledi sê lykskouings-monsters het bevestig die chemikalie is in die […]
30% van Afrika se woude verdwyn weens uitkapping, houthandel
Die Afrika-unie sê sowat 30-persent van Afrika se woude is besig om vinnig te verdwyn weens onwettige uitkapping en houthandel. Afrika se tropiese reënwoude waar die meeste onwettige uitkapping voorkom, is die koolstofrykste ekostelsels wat tussen 150- en 300-ton koolstof per hektaar kan opgaar. Een die van ergste oortreders is die Demokratiese Republiek die Kongo […]
50 rykste miljardêrs versnel klimaatkrisis: Oxfam
Die hoë koolstofuitlatings van die wêreld se rykste een-persent vererger hongersnood, armoede en oortollige sterftes. Dit blyk uit die jongste verslag deur Oxfam, wat gekyk het na die portefeuljes van die 50 rykste miljardêrs. Die verslag het bevind hulle is gemiddeld verantwoordelik vir meer koolstofuitlatings in minder as drie uur as die gemiddelde Britse persoon […]
Brent sak met 4% terug vandag
Oliepryse het vandag met meer as 4 Amerikaanse dollar per vat getuimel nadat Israel se vergeldingsaanval die naweek teen Iran olie- en kernfasiliteite omseil het en nie energievoorrade ontwrig het nie. Brent verhandel tans net bo 71 dollar ‘n vat, af van amper 76 dollar 24 uur gelede. Israel het drie aanvalle Saterdagoggend geloods en net […]
Engen-vulstasies – kommissie hou dinge dop
Sedert die goedkeuring, met voorwaardes van die aankoop van Engen deur Vitol Emerald Bidco, deur die Namibiese Mededingingskommissie, het dinge stil geword. Daar is in Junie aangekondig die maatskappy sal van 58 Engen- en Shell-diensstasies in Namibië ontslae raak om billike mededinging te verseker ná sy Engen-verkryging. Vitol bedryf sake as Vivo Energy in Namibië. […]
ANC sal styging in kragtariewe teenstaan
Die ANC het sy teenkanting teen enige verhoging in kragtariewe uitgespreek. Die voorsitter van die Ekonomiese Transformasiekomitee, Mmamaloko Kubayi, het tydens ‘n media inligtingsessie by die ANC Nasionale Uitvoerende Komitee se vergadering in Boksburg benadruk dat krag bekostigbaar moet bly. Sy het die party se verbintenis tot die beskerming van huishoudings en die stabilisering van […]
Teheran sê hy oorweeg nog sy reaksie
Teheran sal alle beskikbare opsies gebruik om te reageer op Israel se aanval die naweek op sy militêre teikens in Iran. Iran het voorheen Israel se lugaanval as gering afgemaak en gesê dit het slegs beperkte skade aangerig, terwyl die Amerikaanse president Joe Biden gevra het dat die eskalasie gestaak word. Teheran sê die aard […]