Komediant onder skoot oor Puerto Rico-uitlatings
‘n Komediant wat opgetree het tydens ‘n Donald Trump-saamtrek, het onder skoot gekom nadat hy Puerto Rico as ‘n “drywende eiland van vullis” bestempel het. Tony Hinchcliffe het ook kru opmerkings gemaak oor die Puerto Ricaanse houding teenoor gesinsbeplanningsmetodes voor Trump op die verhoog verskyn het by Madison Square Garden in New York. Die opmerkings […]
Gary Kirsten bedank by Pakistan
Krieket: Die voormalige Protea-speler en -afrigter Gary Kirsten het bedank as Pakistan se beperkte boulbeurt-hoofafrigter. Die Pakistanse Krieketraad het hom in April aangestel op ‘n tweejaar-kontrak. Kirsten se groot taak was die mans T20 Wêreldbekertoernooi in die Wes-Indiese Eilande en Amerika, waar Pakistan vroeg uitgeskakel is nadat hulle verloor het teen Indië en Amerika. Toetsafrigter […]
Lekkers of kos vir seks – waar is die ouers?
‘n 28-jarige man is by Ontunda in die Oshikoto-streek gearresteer vir die herhaalde verkragting van ‘n 14-jarige meisie. Hy het haar glo herhaaldelik in ‘n lokval gelei deur haar lekkers, koekies en geld van tussen 5 en 7 dollar aan te bied. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met voormalige ombudsman advokaat John Walters oor die […]
Miller, Looser land se eerste gruisfietskampioene
Alex Miller en Vera Looser is as Namibië se eerste gruisfietskampioene gekroon ná puik vertonings in uiters warm toestande in die Khomas100. Miller het die mans se 143km-resies tussen Windhoek na Gross Barmen gewen in 4 uur, 33 minute en 44 sekondes. Drikus Coetzee was tweede sowat 3 minute later en Jaques Hanekom was derde […]
Niks kan meer belangrik wees as begroting: ontleder
Vele parlementslede het nie opgedaag vir een van die belangrikste sittings van die Nasionale Vergadering nie. Die geskokte finansminister Ipumbu Shiimi sal noodwendig nou môre eers sy middeltermyn begroting ter tafel kan lê, want daar was nie ‘n kworum nie. Die politieke ontleder dr. Marius Kudumo reageer. Shiimi het vroeër met die nasionale uitsaaier gepraat […]
Swapo-regime hou werkloosheidsyfer terug, sê Amupanda
Job Amupanda, leier van die Regstellende Herposisionering-beweging, het ernstige aantygings teen die regerende party gemaak. Hy beweer dat terwyl die Arbeidsmagopname voltooi is, wat hy die korrupte Swapo-regime noem, die Namibië Statistieke Agentskap opdrag gegee het om nie die werkloosheidsyfers bekend te maak nie. Volgens Amupanda is die agentskap ook aangesê om data oor toegang […]
Windhoek kyk na afval-tot-energie-aanleg
Die Windhoek-munisipaliteit beplan om ‘n afval-tot-energie-aanleg te bou om grootmaat elektrisiteit op te wek en afvalbestuur te verbeter. Die Stad het onlangs ‘n voor-uitvoerbaarheidstudie voltooi om die projek se lewensvatbaarheid te evalueer. Volgens die studie genereer Windhoek elke maand sowat 7 000 ton munisipale soliede afval, wat ‘n stewige grondslag vir die projek bied. Die […]
Ek’s gesond: Nandi-Ndaitwah
Dit gons nog steeds oor die ineenstorting van visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah by ‘n saamtrek op Otjiwarongo. Nandi-Ndaitwah word môre 72 jaar oud en was by vele saamtrekke die afgelope tyd. By ‘n gesprek in die hoofstad van die Swapo-manifes het die visepresident die gehoor toegespreek en sê sy voel goed.
Geen begroting vandag, want nogmaals geen kworum
Die sitting van die Nasionale Vergadering waar finansminister Ipumbu Shiimi die middeltermyn begroting sou lees, is uitgestel tot môre. Dit is omrede daar tot die groot skok van Shiimi, nie die vereiste kworum van 49 parlementslede teenwoordig was nie. Dit is nie die eerste keer dat sittings nie kan plaasvind omdat lede eenvoudig nie opdaag […]
PDM veroordeel ‘skending van verkiesingsregte’
Die PDM veroordeel in ‘n verklaring die optrede van die Helao Nafidi-dorpsraad, asook die rade van Eenhana, Oniipa en Omuthiya, omdat hulle glo die fundamentele beginsels van vrye en regverdige verkiesingsveldtogte ondermyn. Die party sê dit is ’n blatante skending van demokratiese norme en ’n aantasting van die verkiesingsregte van alle politieke partye. Die party […]