Instelling van outonomie van arbeidskommissaris begin
Die arbeidministerie was gasheer van ‘n konsultasie met belanghebbendes oor die outonomie van die Kantoor van die Arbeidskommissaris. Dit was ‘n kabinetsbesluit en sluit die voorstel van die arbeidminister in om die Kantoor van die Arbeidskommissaris as ‘n outonome kommissie te vestig. Nog ‘n sleutelaspek wat bespreek is, was die wysigings aan die Arbeidswet. Adjunk-arbeidminister […]
Nuwe maatreëls om Chinese, Indiese toeriste na SA te lok
Suid-Afrika se binnelandse sake-departement het die Skema vir Vertroude Toeroperateurs in die Staatskoerant bekendgestel. Dit is gemik op meer toeriste uit China en Indië om uitdagings met visumverwerking op te los. Toeriste uit Indië verteenwoordig tans slegs 3,9-persent van alle internasionale besoekers aan Suid-Afrika met 1,8-persent uit China. Minister Leon Schreiber sê die doelwit is […]
Knesset verklaar UNRWA as terreurorganisasie
Israel se parlement het gestem om die VN se hulp- en werkagentskap vir Palestynse vlugtelinge wat noodsaaklike dienste aan die vlugtelinge bied, te verban. Die omstrede verbod kan die onderwys, voedsel, gesondheidsorg en lewensonderhoud van miljoene Palestyne raak wat daarop staatmaak. Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, het vroeër gewaarsku die wetgewing kan […]
Ten Hag (uiteindelik) afgedank
Manchester United het onmiddellik met die soektog na ‘n nuwe hoofafrigter begin nadat hy Erik ten Hag gister afgedank het. Dit volg na die swakste begin in die Premierliga in 35 jaar en hulle is tans in die 14de plek op die punteleer. Die legendariese voorspeler en hulpafrigter, mede-Nederlander Ruud van Nistelrooy, sal intussen in […]
Aansoeke oop vir 2025-studentepermitte
Die binnelandse sake-ministerie het aangekondig dat aansoeke vir 2025-studentepermitte tot 31 Maart volgende jaar oop is. Voornemende buitelandse studente wat by Namibiese instellings ingeskryf is, moet binne hierdie tydperk aansoek doen, aangesien geen uitstel toegestaan sal word nie. Aansoekvorms is op die ministerie se webwerf beskikbaar. Jaarlikse fooie is 1 600 Namibiese dollar vir primêre […]
SA Sionistiese Federasie sê geen volksmoord in Gaza
Die Suid-Afrikaanse Sionistiese Federasie het die Suid-Afrikaanse regering se klagte van volksmoord teen Israel by die Internasionale Geregshof veroordeel. Die federasie sê Israel se verdedigende optrede ná Hamas se aanvalle in Oktober 2023 pas nie by die beskrywing van volksmoord nie, wat verwys na die doelbewuste vernietiging van ‘n groep. Rolene Marks van die federasie […]
Depardieu se seksuele aanranding-verhoor begin
Die Franse akteur Gerard Depardieu se verhoor op aanklagte van die seksuele aanranding van twee vroue begin vandag in Parys. Die 75-jarige rolprentster sal egter weens gesondheidsredes nie self in die hof wees nie. Depardieu, wat in meer as 200 rolprente verskyn het, word beskou as ‘n ikoon van Franse teater. Daar word beweer hy […]
Manchester United dank Erik ten Hag af
Sokker: Manchester United het afrigter Erik ten Hag na twee-en-ʼn-half jaar in die pad gesteek. Die span het in 2023 die Carabao-beker verower en vroeër vanjaar die FA-beker, maar kon nie vir die Kampioeneliga kwalifiseer nie. Die Nederlander sukkel vanjaar en laat die span in die 14de plek in die Premierliga, hulle swakste wegspring in […]
Unam sê eksamenroosters verander nie, daar’s misverstande
Studente aan die Universiteit van Namibië het na wat berig word kommer oor swak behandeling, veral oor eksamenroosters wat net ‘n dag voor eksamens verander word. Baie studente meld dat hulle nie hul finale punte ontvang het nie en voel gefrustreerd deur die gebrek aan kommunikasie wanneer hulle navraag doen. Boonop sê hulle personeellede is […]
SA ‘moet eie buitelandse beleid bepaal’
ActionSA het ‘n beroep op die regering gedoen om alle pogings deur ander lande te weerstaan om sy buitelandse beleid voor te skryf. ActionSA-woordvoerder, Solly Moeng, sê die party glo die regering moet standpunt inneem en nie voor buitelandse druk swig nie. Hy het spesifiek verwys na China, wat wil voorskryf hoe diplomatieke gaste uit […]