Nuwe Aussie-premier raak Spele-beplanning

Die debat oor die hoofstadion van 2032 se Spele in Brisbane, Australië, sal na verwagting weer opvlam nadat David Crisafulli vanoggend as nuwe premier van Queensland ingehuldig is. Sy Liberale Nasionale Party het die naweek se verkiesing gewen. Crisafulli se voorganger, Steven Miles, wou die Lang Park-rugbystadion vir die openingseremonie gebruik om uitgawes te beperk. […]

Read More

Golden Game dagvaar vir N$6,7m na helikopterongeluk

Golden Game van Mariental dagvaar Antje Nauhaus en Namibia Base Aviation vir net meer as 6,7 miljoen Namibiese dollar na die noodlottige ongeluk in Julie verlede jaar op Swakopmund. Golden Game se Robinson 44 helikopter het neergestort tydens ‘n toetsvlug. In sy stukke sê die wildhandelaar ‘n ooreenkoms is in Maart 2022 met Namibia Base […]

Read More

Tasa sê oor Etosha-paaie 

Die slegte paaie in die Etosha Nasionale Park is weer in nasionale fokus gebring. Daar was plasings op sosiale media dat daar wel Maandag tussen Halali en Okaukuejo ‘n skraper ontplooi is maar uitdagings duur voort. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nathaly Ahrens van die Toer- en Safarivereniging van Namibië, Tasa, wat sê dit […]

Read More

SA het bewyse oor Gaza-volksmoord in Den Haag ingedien 

Die Presidensie sê Suid-Afrika het bewyse by die Internasionale Geregshof in Den Haag in Nederland ingedien, oor Israel se beweerde volksmoord op Palestyne in Gaza. Die voorlegging sluit bewyse van meer as 750 bladsye in, waarin die bewerings uiteengesit word oor hoe Israel die Volksmoordkonvensie oortree het. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê […]

Read More

Chinese polisie slaan toe op Halloween-vierings 

‘n Swaar polisie-optrede het op Halloween-vierings in die Chinese stad Shanghai toegeslaan met baie wat dit beskou as ‘n poging deur die owerhede om toe te slaan op groot openbare byeenkomste en spraakvryheid. Die BBC berig die polisie het skares partytjiegangers in kostuums uit die strate verjaag, terwyl foto’s van oënskynlike inhegtenisnemings op sosiale media […]

Read More

NNN word 72 te midde van kommer oor haar gesondheid

Netumbo Nandi-Ndaitwah herdenk vandag haar 72ste verjaardag te midde van kommer oor haar gesondheid na sy oor die naweek ineengestort het by ‘n saamtrek. Sy is gebore op 29 Oktober 1952 en dien tans as Namibië se derde vise-president, ‘n rol wat sy in Februarie vanjaar aanvaar het. Sy het voorheen verskeie ministeriële poste beklee […]

Read More

Brandstofprys dalk onveranderd – ekonoom

Oliepryse het Maandag skerp geval met meer as 4 Amerikaanse dollar per vat, nadat Israel se aanval op Iran nie olie- en kernfasiliteite geteiken het nie. Brent verhandel tans net onder 72 dollar ‘n vat, af van amper 76 dollar Sondag. Brent het alhoewel net met 1 persent die afgelope 30 dae gedaal. Kosmos 94.1 […]

Read More

Amushelelo oorhandig homself vandag aan polisie na Vrydag se bande brand

Aktivis Michael Amushelelo sal hom vandag in Katutura aan die polisie oorhandig in verband met die brand van bande Vrydag buite die arbeidsministerie se kantore. Die waarnemende Khomas-streeksbevelvoerder adjunk-kommissaris Chrispin Mubebo het bevestig hy sal aangekla word van opsetlike saakbeskadiging, die oortreding van die Padverkeers- en Vervoerwet en die oortreding van brandveiligheidsregulasies. Bykomende aanklagte sal […]

Read More

Daar was geen rede vir watertariefverhogings nie – Calle

Die Von Bachdam naby Okahandja is rondom 4 persent vol. Die uitvoerende hoof van NamWater, Abraham Nehemia, het beklemtoon dat die sentrale gebied staatmaak op geïntegreerde watertoevoer vanaf drie onderling-verbinde damme, die Swakoppoort, Von Bach en Omatako. Hy het gewaarsku dat die beskikbare waterbronne onvoldoende sal wees om twee reënseisoene te onderhou tensy doeltreffende wateraanvraagbestuur […]

Read More

Sal Trump uitslag aanvaar as hy verloor?

Volgens ‘n nuwe CNN-meningsopname glo die meeste kiesers oudpresident Donald Trump sal nie toegee as hy die 2024 presidensiële wedloop verloor nie. ‘n Merkbare minderheid van sy ondersteuners sê verloorders het geen verpligting om toe te gee nie. Net 30-persent van geregistreerde kiesers sê Trump sal ‘n nederlaag aanvaar, terwyl 73-persent sê vise-president Kamala Harris […]

Read More