Agra vaar redelik goed in ‘n moeilike jaar

Agra het verskeie uitdagings in die gesig gestaar in die finansiële jaar wat op 31 Julie vanjaar geëindig het, het, met die belangrikste die langdurige droogte wat steeds die landbou beïnvloed. Agra het desnieteenstaande ‘n toename van 8,3 persent in totale omset aangeteken, van 2 459 miljoen Namibiese dollar in die 2022/23-boekjaar tot 2 662 […]

Read More

Ondersoek gelas na voordelige behandeling van ryk gevangenes in KZN

Die Departement van Korrektiewe Dienste ondersoek bewerings oor spesiale behandeling vir welgestelde gevangenes in die Westville-korrektiewe-sentrum in Durban, KwaZulu-Natal. Kommissaris Makgothi Thobakgale het ‘n senior amptenaar aangestel om bewerings te ondersoek oor sekere gevangenes, insluitend die Durbanse sakeman, Thoshan Panday, wat met ‘n 2010 Wêreldbeker-sokker-korrupsieskandaal verbind word, onregverdig voorregte ontvang het. Die departement se woordvoerder, […]

Read More

Bezos verdedig besluit om nie Post toe te laat om kandidaat te ondersteun nie

Jeff Bezos het die Washington Post se besluit verdedig om nie ʼn presidensiële kandidaat te onderskryf nie. Die redaksionele raad wat apart is van die joernaliste wat daar werk, het dekades lank ʼn moontlike president gesteun. Bezos, wat ook Amazon se uitvoerende hoof is, sê indien ondersteuning aan ʼn kandidaat gepubliseer word, sal dit lesers […]

Read More

Klagtes teen Musk met US$1m ‘lotery’

Die kantoor van die distriksprokureur in Philadelphia, Larry Krasner, het ‘n regsgeding aanhangig gemaak om Elon Musk se omstrede geskenke van 1 miljoen Amerikaanse dollar aan kiesers in Pennsilvanië en ander swaai-state te stop, en noem dit ‘n onwettige lotery. Die stap volg op waarskuwings van die justisie-departement dat die geskenke federale verkiesingswette kan oortree. […]

Read More

Amushelelo sê ons moet vir die regering bid

Aktivis Michael Amushelelo het homself aan die polisie oorhandig in verband met die brand van bande Vrydag buite die arbeidsministerie se kantore. Hy het by die polisiestasie op sy sosiale media platforms gepraat. Die waarnemende streeksbevelvoerder adjunk-kommissaris Chrispin Mubebo het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor vat volgende is.  

Read More

Klimaat: Die uitdaging word nie ernstig opgeneem nie

Met COP29 wat al nader kom, is klimaatsverandering in die nuus. ʼn Nuwe Oxfam-verslag beweer 50 van die wêreld se miljardêrs stel as gevolg van hul luukse lewenstyl meer koolstof in 90 minute vry as wat die gemiddelde mens in ʼn leeftyd doen. Dit word toegeskryf aan hul beleggings in bedrywe wat besoedeling veroorsaak en […]

Read More

Puerto Rico se aartbiskop sê Trump moet jammer sê

Die aartsbiskop van Puerto Rico doen ʼn beroep op Donald Trump om persoonlik verskoning te vra vir die opruiende opmerkings wat ʼn komediant Sondag tydens sy saamtrek by Madison Square Garden gemaak het. Hy het na die Amerikaanse eilandgebied as ʼn drywende eiland van vullis verwys. Trump se veldtog distansieer hom van Tony Hinchcliffe se […]

Read More

Regsman van Depardieu vra uitstel, sê akteur is siek

Gérard Depardieu se prokureur het Maandag gevra dat die Franse akteur se verhoor oor seksuele aanranding uitgestel word. Depardieu, wat skuld ontken, word beskuldig dat hy “geweld, dwang, verrassing of dreigemente” gebruik het in die beweerde aanranding op twee vroue in 2021 op ʼn filmstel. Sy prokureur sê dokters het besluit die akteur is nie […]

Read More

SA soek R23 miljard vir klimaat by COP29

Die buurland se omgewingsminister, Dion George, beklemtoon die behoefte aan meer voorspelbare en toeganklike befondsing teen klimaatsverandering. George het tydens die Nasionale Konsultasie met Belanghebbers gesê Suid-Afrika pleit vir ‘n nuwe jaarlikse globale klimaatfinansieringsteiken van 23 miljard Suid-Afrikaanse rand by COP29. Hy sê Suid-Afrika mik na nuwe finansiële modelle wat optrede teen ontkoling ondersteun:

Read More

VW sluit drie aanlegte in Europa, duisende geraak

Die Duitse motorvervaardiger, Volkswagen, het aangekondig hy is van plan om duisende personeellede af te lê, ten minste drie fabrieke in die land te sluit en die oorblywende aanlegte te verklein om koste te besnoei en sy sakemodel op te knap. Europa se grootste motorvervaardiger het nie gesê watter aanlegte geraak sal word of hoeveel […]

Read More