Beesvleissektor toon goeie groei

Die Namibiese beesvleisbedryf het baie goed vanjaar vertoon met uitvoere wat meer as 17,6 miljoen kilogram teen die einde van die derde kwartaal bereik het. Volgens die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad verteenwoordig dit groei van 66,2 persent teenoor dieselfde periode verlede jaar. Dit word aangedryf deur goeie vraag in die Europese Unie wat net meer […]

Read More

FIC sê taakmag is tot dusver tevrede met gryslys vordering

Die Finansiële Aksie-taakmag sê Namibië het goeie vordering gemaak in die aanbevelings om van die gryslys verwyder te word. Die regering het nege van die 13 bepalings begin aanspreek en het vrywilliglik aan die taakmag gerapporteer. Die direkteur van die Finansiële Intelligensie-sentrum, Bryan Eiseb sê nog moet gedoen word, veral in verband met komplekse finansiële […]

Read More

Natau kan protesteer oor Gonzo, ons het regte ding gedoen – TransNamib

TransNamib sê hy dra kennis van die beplande vreedsame betoging vanmiddag deur die Natau-vakbond teen die heraanstelling van die Webster Gonzo, die bestuurder van menslike kapitaal by die firma. Hy sê hy respekteer die vakbond se regte in die verband maar voeg by dat uitvoerende aanstellings gegrond is op deeglike oorsigte, en beklemtoon dat stabiliteit […]

Read More

Ondersoek gelas na brand by Woermann Brock

‘n Ondersoek is gelas na ‘n brand by die Woermann Brock-supermark in Ombili, Katutura. Dit het omstreeks half-12 gisternag begin en het groot skade aangerig. Kosmos 94.1 Nuus het met Braam van Niekerk, algemene bestuurder van die groep gepraat.

Read More

Kweekhuisgasse bly styg

Konsentrasies van kweekhuisgas het in 2023 ‘n rekordvlak bereik. Die Wêreld-Meteorologiese Organisasie sê koolstofdioksied-vlakke het 420 deeltjies per miljoen bereik, saam met metaan op 1 934 deeltjies per miljard, en stikstofoksied teen 336,9 deeltjies per miljard. Die styging word volgens berigte vererger deur verhoogde vrystellings weens bosbrande en ‘n hoë verbruik van fossielbrandstof, tesame met […]

Read More

So lyk die ranglys vir vroue-tennisspelers

Jasmine Paolini van Italië het verbeter tot haar beste posisie nog van vierde op die jongste wêreldranglys. Die Amerikaner Danielle Collins, die Rus Anna Kalinskaya en die Spanjaard Paula Badosa het almal hulle posisies verbeter tot onderskeidelik tiende, 11de en 12de. Aryna Sabalenka van Belarus is steeds nommer een, gevolg deur Iga Swiatek van Pole […]

Read More

Agra vaar redelik goed in ‘n moeilike jaar

Agra het verskeie uitdagings in die gesig gestaar in die finansiële jaar wat op 31 Julie vanjaar geëindig het, het, met die belangrikste die langdurige droogte wat steeds die landbou beïnvloed. Agra het desnieteenstaande ‘n toename van 8,3 persent in totale omset aangeteken, van 2 459 miljoen Namibiese dollar in die 2022/23-boekjaar tot 2 662 […]

Read More

Ondersoek gelas na voordelige behandeling van ryk gevangenes in KZN

Die Departement van Korrektiewe Dienste ondersoek bewerings oor spesiale behandeling vir welgestelde gevangenes in die Westville-korrektiewe-sentrum in Durban, KwaZulu-Natal. Kommissaris Makgothi Thobakgale het ‘n senior amptenaar aangestel om bewerings te ondersoek oor sekere gevangenes, insluitend die Durbanse sakeman, Thoshan Panday, wat met ‘n 2010 Wêreldbeker-sokker-korrupsieskandaal verbind word, onregverdig voorregte ontvang het. Die departement se woordvoerder, […]

Read More

Bezos verdedig besluit om nie Post toe te laat om kandidaat te ondersteun nie

Jeff Bezos het die Washington Post se besluit verdedig om nie ʼn presidensiële kandidaat te onderskryf nie. Die redaksionele raad wat apart is van die joernaliste wat daar werk, het dekades lank ʼn moontlike president gesteun. Bezos, wat ook Amazon se uitvoerende hoof is, sê indien ondersteuning aan ʼn kandidaat gepubliseer word, sal dit lesers […]

Read More

Klagtes teen Musk met US$1m ‘lotery’

Die kantoor van die distriksprokureur in Philadelphia, Larry Krasner, het ‘n regsgeding aanhangig gemaak om Elon Musk se omstrede geskenke van 1 miljoen Amerikaanse dollar aan kiesers in Pennsilvanië en ander swaai-state te stop, en noem dit ‘n onwettige lotery. Die stap volg op waarskuwings van die justisie-departement dat die geskenke federale verkiesingswette kan oortree. […]

Read More