DA eis hertelling van Mosambiek verkiesings

Die DA versoek die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap om ‘n onafhanklike hertelling van Mosambiek se onlangse presidensiële verkiesing te eis. Hulle beweer die proses is deur wydverspreide ongerymdhede en politieke geweld gekenmerk, wat twyfel laat ontstaan oor die geldigheid van die amptelike oorwinning van Daniel Chapo van Frelimo. Emma Louise Powell van die DA sê berigte van […]

Read More

Duisende Oasis-kaartjies gaan gekanselleer word

Agente waarsku dat duisende Oasis-kaartjies op ongemagtigde webtuistes in die komende weke gekanselleer sal word. Daar was ʼn reuse-aanvraag toe verkope geopen het en baie bewonderaars was ure lank in aanlyn toue net om uit te vind kaartjies is uitverkoop of pryse het die hoogte ingeskiet. Slegs vier-persent kaartjies het weer op herverkoop-webtuistes verskyn, maar […]

Read More

De Zorzi, Stubbs honderdtalle skop Bangladesj-toets af

Krieket: Suid-Afrika het die tweede toets teen Bangladesj in Chattogram skitterend afgeskop en die eerste dag geëindig op 307 vir twee na eersteling-honderdtalle vir Tony de Zorzi en Tristan Stubbs. Kaptein Aiden Markram het die loot gewen en verkies om te kolf, en is uitgehaal vir 33 met die telling op 69. De Zorzi en […]

Read More

Jongste oor transito-rooftogte in hoofstad, aan die kus

Twee transito-rooftogte op dieselfde tyd en gemik op dieselfde maatskappy het Maandag geskok. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofinspekteur Ileni Shapumba gepraat oor die jongste op Swakopmund waar die roof by Platz Am Meer plaasgevind het en ‘n sekuriteitswag dood is. Hy wou nie bekend maak hoeveel kontant gebuit is nie maar sê die ondersoek […]

Read More

GOOD vra vir BIG in begroting môre

Terwyl Namibiërs hoop dat die middeltermyn begroting wel vanmiddag gelewer word vra die GOOD-party die buurland se finansminister, Enoch Godongwana, om sy verbintenis tot die regering van nasionale eenheid se doelwitte te bewys en voorkeur te gee aan inklusiewe ekonomiese groei wanneer hy môre sy minibegroting lewer. GOOD wil hê die Maatskaplike Hulpverlenigings-toelaag moet omskep […]

Read More

Rutte, VSA sê oor Noord-Koeraanse troepe in Rusland

Die sekretaris-generaal van Navo, Mark Rutte sê die feit dat Rusland troepe uit Noord-Korea moet laat kom vir sy oorlog in die Oekraïne, toon die kwesbaarheid van president Vladimir Putin. Intussen sê die VSA dat alle beperkings op die Oekraïne se gebruik van sy wapens gelig sal word indien Noord-Koreaanse troepe gevegte betree. Op die […]

Read More

Aussie-vrou gevind na twee weke vermis op staproete

‘n Vrou wat alleen op ‘n staptog in Australië se Snowy Mountains vermis geraak het, is gedisoriënteerd en beseer gevind nadat ‘n slang haar vermoedelik gepik het. Sy was vir bykans twee weke vermis en owerhede het ses dae lank per lug en per pad, te voet en te perd, na haar gesoek. Die 48-jarige […]

Read More

BoN gee voorskrifte aan banke vir droogtebystand, verligting

Die Bank van Namibië het ‘n nuwe bepaling uitgereik, effektief 23 Oktober, vir die banksektor om geteikende droogtehulpmaatreëls aan die landbousektor te voorsien. Dit vereis dat banke ondersteuning bied aan landbou, insluitend die herstrukturering van lenings en noodfinansiering onder voorkeurvoorwaardes. Die beleid sal deurlopend hersien word en sal van krag bly tot Oktober 2026. Kosmos […]

Read More

Koste van stembriewe het met 116% gestyg

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het vanoggend sy jongste sogenaamde Procurement Tracker bekend gestel en gekyk na die stembriefverkryging vir die komende verkiesing. Daar is natuurlike vrae omdat die kostes met 116 persent gestyg het. Frederico Links van die instituut het meer.

Read More

Saara se kantoor kry nog N$700m van regering vir droogtehulp

Na berigte dat daar ‘n tekort van amper 500 miljoen Namibiese dollar in droogtehulp fondse was, sê die eerste minister se kantoor, wat die hulp bestuur, dat 700 miljoen dollar, bo-op die bestaande toekenning, van die regering ontvang is na ‘n versoek aan die kabinet. Die nuus kom voor vanmiddag se verwagte middeltermyn begroting wat […]

Read More