Solarcentury Africa bou 20 MW sonkragaanleg in Otjozondjupa
Konstruksie is aan die gang aan ‘n 20 Megawatt sonkragaanleg in die Otjozondjupa-streek, wat in geheel besit word deur die Londen-gebaseerde Solarcentury Africa. Die Namibiese kontrakteur Alensy Energy Solutions is gekies om die aanleg te bou. Solarcentury sê dit sal die eerste volledig handelaar-onafhanklike kragprodusent in Suider-Afrika wees. Al 51 Gigawatt-uur se jaarlikse uitset sal […]
Steeds geen kworum vir middeltermyn begroting!
Ongelooflike tonele het hom in die Nasionale Vergadering se sitting afgespeel. Dit het eers drie-uur begin en steeds was daar nie ‘n kworum vir die middeltermyn begroting nie. LP’s was blykbaar nog in die restaurant besig met middagete. Die sitting moes reeds half-drie begin het. Dit kom na die sitting gister uitgestel moes word omdat […]
Johannesburg bied 2025 G20-beraad aan
Leiers van die wêreld se grootste ekonomieë sal volgende jaar in Johannesburg saamtrek vir die jaarlikse G20-leiersberaad. Die adjunk-direkteur-generaal vir Openbare Diplomasie in die departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Clayson Monyela sê Johannesburg het Kaapstad en Durban getroef as moontlike gasheer. Die presidentskap en aanbiedingsregte van die G20 wissel jaarliks.
Ineenstorting van Atlantiese strome bedreig Nordiese lande
ʼn Groep wetenskaplikes waarsku teen ʼn moontlike katastrofiese ineenstorting van die Atlantiese Oseaan se seestrome. Dit beklemtoon die onderskatte gevaar wat dit vir Nordiese lande inhou. Die groep sê in ʼn ope brief aan die Nordiese Raad veranderinge in die Atlantiese Meridionale Omkeersirkulasie is noodsaaklik vir Arktiese lewensomstandighede. Die VN se inter-regeringspaneel oor Klimaatsverandering sê […]
Tsumeb-koperfees skop af, ‘boere moet ook ten toon stel’
Die Tsumeb-koperfees vind van môre tot Saterdag plaas, met die tema “Viering van vakmanskap, kreatiwiteit en uitnemendheid in ’n diverse Namibië.” Die fees is ‘n vlagskip ekonomiese en sosio-kulturele geleentheid sedert 2003. Dit bied ‘n platform vir besigheidsbevordering, netwerkvorming en bedryfsbetrokkenheid. Plaaslike en internasionale uitstallers stel hul produkte en dienste ten toon, wat beleggingsgeleenthede skep. […]
Katima Mulilo het plan met belasting, NamRA weet niks
Die Katima Mulilo-dorpsraad het versoek dat die Namibië Inkomste-agentskap, NamRA, hom boetes en rente van meer as 82 miljoen Namibiese dollar kwytskeld om die druk op sy boeke te verlig en dienslewering in die dorp te laat herleef. Om dit te kan doen, beoog die dorpsraad om NamRA se belastingaansporingsprogram te gebruik, wat Rafael Liswaniso, […]
DA eis hertelling van Mosambiek verkiesings
Die DA versoek die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap om ‘n onafhanklike hertelling van Mosambiek se onlangse presidensiële verkiesing te eis. Hulle beweer die proses is deur wydverspreide ongerymdhede en politieke geweld gekenmerk, wat twyfel laat ontstaan oor die geldigheid van die amptelike oorwinning van Daniel Chapo van Frelimo. Emma Louise Powell van die DA sê berigte van […]
Duisende Oasis-kaartjies gaan gekanselleer word
Agente waarsku dat duisende Oasis-kaartjies op ongemagtigde webtuistes in die komende weke gekanselleer sal word. Daar was ʼn reuse-aanvraag toe verkope geopen het en baie bewonderaars was ure lank in aanlyn toue net om uit te vind kaartjies is uitverkoop of pryse het die hoogte ingeskiet. Slegs vier-persent kaartjies het weer op herverkoop-webtuistes verskyn, maar […]
De Zorzi, Stubbs honderdtalle skop Bangladesj-toets af
Krieket: Suid-Afrika het die tweede toets teen Bangladesj in Chattogram skitterend afgeskop en die eerste dag geëindig op 307 vir twee na eersteling-honderdtalle vir Tony de Zorzi en Tristan Stubbs. Kaptein Aiden Markram het die loot gewen en verkies om te kolf, en is uitgehaal vir 33 met die telling op 69. De Zorzi en […]
Jongste oor transito-rooftogte in hoofstad, aan die kus
Twee transito-rooftogte op dieselfde tyd en gemik op dieselfde maatskappy het Maandag geskok. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofinspekteur Ileni Shapumba gepraat oor die jongste op Swakopmund waar die roof by Platz Am Meer plaasgevind het en ‘n sekuriteitswag dood is. Hy wou nie bekend maak hoeveel kontant gebuit is nie maar sê die ondersoek […]