Rundu-inwoners ‘moet met polisie saamwerk teen misdaad’
Inwoners van die Ndama-lokasie in Rundu in Kavango-Oos, kla oor toenemende diefstal en misdaad, en vra vir meer polisiepatrollies. Hulle het bystand van NamPol gevra om veiligheid in die gemeenskap te verbeter. Voorstelle sluit in die verbetering van polisieteenwoordigheid, gemeenskapsbetrokkenheid en moontlik die vestiging van buurtwagprogramme. NamPol se Kavango-Oos streekbevelvoerder, kommissaris Andreas Haingura, sê die […]
Malherbe beseer, Rassie laat kom Jordan Hendrikse
Rugby: Die hoofafrigter van die Springbokke, Rassie Erasmus, het die losskakel van die Haaie, Jordan Hendrikse, na die oefenkamp in Jersey opgeroep nadat stut Frans Malherbe weens ʼn enkelbesering moes agterbly. Volgens Erasmus is daar genoeg diepte onder die stutte om Malherbe met ʼn agterspeler te vervang. Hendrikse is die broer van die Bok-skrumskakel, Jaden, […]
IPC wil belasting snoei vir besigheidsgroei, werkskepping
Die IPC het tydens ‘n saamtrek in Katima Mulilo onderneem om werkloosheid te verminder deur ‘n besigheidsvriendelike omgewing te skep, indien verkies. Die IPC-president, dr. Panduleni Itula, wil belasting van 31 persent tot 22 persent verlaag om besigheidsgroei aan te moedig, en sê dat hoë belastingkoerse uitbreiding en belegging belemmer. Hy het belastingverligting vir klein […]
Windhoek NamPol arresteer verdagte in Katutura transito-rooftog
Die Windhoek-polisie het ‘n deurbraak gemaak in die transito-rooftog wat Maandag by die Shoprite-kompleks in Katutura plaasgevind het, terselftertyd as een by Platz Am Meer in Swakopmund. ‘n Verdagte is gearresteer en verskeie items wat in die rooftog gebruik is, is gekonfiskeer, asook meer as 17 000 Namibiese dollar. Daar is nog nie bekendgemaak hoeveel […]
Zanu-PF gee opdrag vir ZiG as enigste Zim-betaalmiddel
Die regerende Zanu-PF-party in Zimbabwe het besluit om die goud-gesteunde ZiG as die enigste wettige betaalmiddel aan te neem en die gebruik van die Amerikaanse dollar uit te faseer. Die regering is opdrag gegee om hierdie stap te bespoedig, al is geen tydlyn gegee nie. Die ZiG is in April bekendgestel en daar was aanvanklik […]
Louis Oosthuizen gaan Alfred Dunhill-kampioenskap titel verdedig
Gholf: Die voormalige Major-kampioen, Louis Oosthuizen, gaan probeer om slegs die derde speler in die geskiedenis van die Alfred Dunhill-kampioenskap te word wat sy titel suksesvol verdedig wanneer hy van 12 tot 15 Desember na Leopard Creek terugkeer. Oosthuizen het sy plek bevestig in hierdie toernooi wat gesamentlik deur die Sonskyntoer en DP World Tour […]
Nuwe datums kom vir Agribank-weiveld sessie
Agribank werk voortdurend daaraan om boere regoor Namibië te bemagtig deur gratis kursusse en seminare aan te bied wat daarop gemik is om veerkragtigheid te bou en landboupraktyke te verbeter. Onlangs is ‘n geleentheid wat vir môre by Jan Möhr Sekondêre Skool in Windhoek geskeduleer is oor basiese weiveld-rehabilitasiepraktyke gekanselleer weens eksamens wat by die […]
Middeltermyn begroting weer uitgestel, want LP’s afwesig
Die middeltermyn begroting kon vir die tweede dag nie gelewer word nie omdat daar weer nie ‘n kworum in die Nasionale Vergadering was nie. LP’s was blykbaar teen 3-uur nog in die restaurant besig met middagete, terwyl die sessie half-drie moes begin het. Chaos het losgebars toe speaker, professor Peter Katjavivi die aankondiging gemaak het […]
Verkiesingskommissie moet nou oop kaarte speel: IPPR direkteur
Die stembriefverkryging vir die komende verkiesing is weer in die kollig na die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sy Procurement Tracker bekendgestel het. Die aangekondigde koste het intussen met 116 persent gestyg. Daar is meer vrae as antwoorde, wat onsekerheid rondom die verkiesing laat toeneem. Graham Hopwood, die instituut se direkteur, het die belangrikheid om die […]
Mopane-boorput ‘n ‘keeper’, sê Galp uitvoerende hoof
Galp Energia se uitvoerende hoof, Filipe Silva, beskryf die huidige evalueringsboorput wat in die Mopane-ontdekking aflandig Namibië se suidkus geboor word, as ‘n wenner, of sogenaamde “keeper”. Hy was in gesprek met analiste oor die Portugese maatskappy se werk in Namibië. Die ontwikkeling van sy groot Mopane-ontdekking vorder teen ‘n vinnige tempo. Gesprekke met potensiële […]