Maak so vir gesonde hoenders, baie eiers

Agribank se tegniese adviseur wat in gewasse spesialiseer, Hanks Saisai, het onlangs in ‘n artikel redes vir sy sukses in die pluimvee-bedryf gedeel. Om optimale gesondheid te verseker, moet elke hoender daagliks gemiddeld 130 gram voer gevoer word. Boere kan kombuisafval en tuinreste as ‘n aanvullende voedselbron gebruik. Kommersiële pluimveemengsel of graanmengsel word aanbeveel om […]

Read More

SA mielie-oes op 22,6% minder geskat

Suid-Afrika se mielie-oes sal na verwagting ‘n aansienlike daling van 22,6-persent vir die 2023/2024-seisoen toon. Die Oesskattingskomitee van die regering voorspel ‘n totale oes van ongeveer 12,72-miljoen-ton, ‘n merkbare afname vanaf 16-miljoen-ton verlede jaar. Dit is ‘n effense afname vanaf die vorige skatting van 12,8-miljoen-ton. Vanjaar se opbrengs sluit ses-miljoen-ton wit mielies vir menslike gebruik […]

Read More

China veroordeel VSA-beperkings op beleggings

China het beperkings veroordeel wat vandeesweek deur Amerika vasgestel is oor belegging in sensitiewe tegnologie en bygevoeg hy hou die reg voor om sy eie maatreëls in te stel. Die nuwe reëls wat deur die Tesourie aangekondig is, sal maatskappye, burgers en permanente inwoners van Amerika verbied om nuwe tegnologie-transaksies met China aan te gaan. […]

Read More

Kankervereniging loods ‘Movember November’

Die Kankervereniging van Namibië loods “Movember November,” ‘n maandlange veldtog gewy aan die bevordering van gesondheidsbewustheid onder mans. Die inisiatief poog om kritieke gesondheidsuitdagings wat Namibiese mans raak aan te spreek, veral die toenemende voorkoms van prostaatkanker. Movember poog om ook lig te werp op ander soorte kankers wat mans in Namibië raak. Kosmos 94.1 […]

Read More

Shiimi sit bykomende droogtehulp, ander maatreëls uiteen

Finansminister Ipumbu Shiimi sê in sy middeltermyn-begrotingsoorsig dat 8,3 miljard Namibiese dollar se bykomende uitgaweversoeke ingedien is. Om fiskale volhoubaarheid te handhaaf, het die finansministerie 3,6 miljard dollar in die verkrygings-wysigingswetsontwerp goedgekeur. Dit sluit in 698,8 miljoen dollar vir droogtehulp onder die kantoor van die Eerste Minister, wat voedselverspreiding na 308 750 huishoudings tot 30 […]

Read More

Shiimi verleng belastingamnestieprogram met 2 jaar

Finansminister Ipumbu Shiimi sê in sy middeltermyn-begrotingsoorsig dat die belastingamnestieprogram, wat oorspronklik môre sou verstryk, met twee jaar tot 31 Oktober 2026 verleng is in reaksie op versoeke van verskeie sektore. Hierdie uitstel neem die finansiële impak van die Covid-pandemie op belastingbetalers in ag, met dieselfde verligtingsvoorwaardes. Rente en boetes sal ten volle kwytgeskeld word […]

Read More

Water vir Hardap-groenskema môre afgesny

Volgens NamWater se jongste dambulletin is die Hardapdam tans net 6,6 persent vol, met die dooiepunt vir onttrekking vir die groenskema op 5 persent. Daar is besluit dat water aan die groenskema môre afgesny sal word om water vir die dorp te reserveer. Water vir menslike gebruik kan nog met behulp van ‘n vlot onttrek […]

Read More

Coen Brand het diep landbou-spore getrap

Medeleye stroom in vir Coen Brand, die eerste uitvoerende hoof van Agra, wat na ‘n beroerte oorlede is. Volgens ‘n sosiale media plasing het Brand as lid van Swalu, nou die Namibiese Landbou-unie, namens georganiseerde kommersiële boere gepraat. Brand het die koöperatiewe sake van boere statutêr en as reusespeler in die landsekonomie gevestig onder die […]

Read More

Groei vanjaar 3,6%, volgende jaar 5,4%: Shiimi

Finansminister Ipumbu Shiimi kon uiteindelik die middeltermyn begroting in die Nasionale Vergadering ter tafel lê, nadat daar twee dae agtermekaar nie ‘n kworum was om dit te kon doen nie. Shiimi sê die tema van hierdie begroting is “Gee om vir die Namibiese kind” wat dr. Hage Geingob se nalatenskap voortsit, maar dit is in […]

Read More

Ministerie loods veldtog oor Waterhulpbronbestuur-wet

Die landbouministerie het sy bewusmakingsveldtog vir die Wet op Waterhulpbronbestuur 11 van 2013 in Windhoek vir die Khomas-streek van stapel gestuur. Die veldtog bevorder volhoubare waterbestuur en onderrig belanghebbendes oor hul regte, verantwoordelikhede en voldoeningsvereistes. Die wet het op 29 Augustus verlede jaar in werking getree, maar laat ‘n oorgangstydperk tot Februarie volgende jaar toe. […]

Read More