Engelse stut Marler beskryf haka as belaglik, sê All Blacks moet eerder los

Die Engelse stut Joe Marler het hom die argwaan van All Blacks-ondersteuners op die hals gehaal deur te vra dat die geskiedkundige Haka laat vaar moet word. Engeland speel Saterdag op Twickenham teen Nieu-Seeland. Marler beskryf die tradisionele Maori-oorlogsdans wat uit 1905 terugdateer as belaglik, en meen dit dien net ‘n doel wanneer spanne daarop […]

Read More

Unam, NSFAF, Psemas kry geld

Volgens die middeltermyn begrotingsverslag is 2,4 miljard Namibiese dollar toegewys aan subsidies en oordragte aan regeringsorganisasies, insluitend 500 miljoen dollar vir die Staatsdienswerknemers Mediese Hulpskema en 386 miljoen dollar vir Unam se bedryfsuitgawes. Onder andere kry die Namibië Studente Finansiële Bystandsfonds 88 miljoen dollar. Finansminister Ipumbu Shiimi sê geen bykomende toekennings sal aan die ontwikkelingsbegroting […]

Read More

Oos-Kaapse hoofman se skoonma vermoor

Die polisie in die Oos-Kaap veroordeel gewelddadige aanvalle in die Bityi administratiewe gebied in Mthatha. Gemaskerde aanvallers het ‘n skoonma van Hoofman Mtirara vermoor, terwyl vyf leerders met ‘n vuurwapena angehou was en verkrag en beroof is. Die polisiewoordvoerder, Siphokazi Mawisa, het bevestig die polisie het hulpbronne gemobiliseer om verdagtes wat by albei aanvalle betrokke […]

Read More

Verwoestende vloede in Spanje

Minstens 95 mense is dood in die dodelikste vloede in Spanje in drie dekades, nadat stortreën die oostelike streek van Valencia getref en brûe en geboue weggevee het. Meteoroloë sê dat ‘n jaar se reën binne agt uur in dele van Valencia geval het, wat ophopings op hoofweë en landerye onder water gelaat het. Inwoners […]

Read More

Harris, Trump skarrel om laaste kiesers te oortuig

Met ses dae oor voor die Amerikaanse presidentsverkiesing, het beide Kamala Harris en Donald Trump in die swaaistaat Noord-Carolina byeenkomste toegespreek. Harris was in die stad Raleigh, waar sy verskeie beleidspunte herhaal het, en beroepe gedoen het op eerstekeer-kiesers en “jong leiers” van Amerika, wat volgens haar “ongeduldig” is vir verandering. Hier praat sy oor […]

Read More

Nuwe planne nodig vir beter tuinbouproduksie

‘n Afname in plaaslike tuinbouproduksie het daartoe gelei dat die Namibiese Akkerbouraad die beperking op ingevoerde tuinbouprodukte in November tot net ses produkte beperk, af van 12 beperkte produkte ‘n jaar gelede. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Emilie Abraham, die Akkerbouraad se tuinboubestuurder, wat sê dat boere met nuwe planne vorendag sal moet kom […]

Read More

Regte dieet kan wanvoeding hokslaan

Wanvoeding is ‘n groot probleem in Namibië, en is dikwels as gevolg van eentonige en onvanpaste diëte. Oorgewig en vetsug is dikwels die gevolg van oormatige energie-inname en ongebalanseerde eetgewoontes. Om goeie gesondheid te handhaaf is ‘n gevarieerde dieet noodsaaklik, aangesien geen enkele voedsel al die nodige voedingstowwe kan verskaf nie. ‘n Gesonde dieet moet […]

Read More

Tiger Brands wil listeriose-slagoffers se doktersrekeninge betaal

Tiger Brands het aangebied om dringende mediese rekeninge te vereffen van kwalifiserende slagoffers na die listeriose-uitbreking in 2017. Dit volg te midde van voortgesette litigasie oor skadevergoeding, wat op 1,5- tot 2,5-miljard-rand geraam word. Ten spyte van hangende uitkomste oor aanspreeklikheid, onderhandel Tiger Brands met die regsverteenwoordigers van meer as ‘n duisend slagoffers en hoop […]

Read More

Meer as 50 mense sterf in kitsvloede in Spanje

Meer as 50 mense is dood in kitsvloede in die omgewing van Valencia in Suidoos-Spanje en talle word vermis. Dit het gevolg nadat stortreën en haelstorms paaie en dorpe oorstroom het, voertuie van die pad afgegwing het en geboue beskadig het. Mense is aangeraai om tuis te bly en slegs in noodgevalle te reis. Volgens […]

Read More

Shiimi verseker voldoende fondse vir spoornetwerk

Die regering verwag om ‘n bykomende inkomste van 1,7 miljard Namibiese dollar vir die 2024/25-boekjaar te genereer, volgens finansminister Ipumbu Shiimi in sy middeltermyn-begrotingsoorsig. Boonop is 2,1 miljard dollar hertoegewys weens lae uitvoeringskoerse in kapitaalprojekte, wat hoofsaaklik die spoorwegsektor raak. Met erkenning van die spoorweg se ekonomiese belangrikheid, sal die regering egter voldoende befondsing vir […]

Read More