Bannon vrygelaat, reguit na Trump se kamp toe
Die gewese raadgewer van die Amerikaanse Republikeinse presidentskandidaat Donald Trump is vrygelaat uit die tronk in Connecticut na vier maande agter tralies. Die 70-jarige Steve Bannon is ‘n konserwatiewe potgooi-aanbieder wat ‘n sleutelrol gespeel het in Trump se presidentsveldtog van 2016. Hy is skuldig bevind op twee aanklagte van minagting van die Kongres in 2022 […]
Oud TikTok-baas rykste man in China, hy is 41
ByteDance-stigter Zhang Yiming is China se rykste persoon, met ‘n persoonlike waarde van 49,3 miljard Amerikaanse dollar, of 871 miljard Namibiese dollar. ByteDance besit TikTok. Die 41-jarige Zhang, wat in 2021 as uitvoerende hoof van ByteDance uitgetree het, word die 18de persoon wat as China se rykste persoon gekroon is in die 26 jaar sedert […]
Verifieer jou ouditeur, daar’s ‘n nuwe bedrogspul
Die Openbare Rekenmeesters- en Ouditeursraad waarsku die publiek oor ‘n swendelary waar mense hulself as eksterne ouditeure voordoen, terwyl hulle nie geregistreerde ouditeure is nie. Sodoende kry hulle toegang tot die boeke en finansiële sake van families of besighede, waar hulle geld steel. Kosmos 94.1 Nuus het met die raad se ondersoeker, Mbavanga Tjueza, gepraat […]
Ekonomie, werkloosheid, rampbestuur moet aandag kry – Winde
Die Wes-Kaapse regering eis ‘n regverdige nasionale befondsings-toewysing vir sy inwoners voor die finansminister, Enoch Godongwana, vandag sy minibegroting lewer. Premier Alan Winde sê regverdige befondsing is noodsaaklik om aandag te gee aan uitdagings soos lae ekonomiese groei en hoë werkloosheid. Hy wys op die tekort van 6,1 miljard Suid-Afrikaanse rand in rampbefondsing, wat noodsaaklik […]
Duitsland ontstoke oor teregstelling in Iran
Duitsland en die Europese Unie veroordeel Iran se teregstelling van ‘n 69-jarige Duits-Iraanse andersdenkende na jare agter tralies en waarsku hulle oorweeg vergeldingsmaatreëls. Kanselier Olaf Scholz sê Jamshid Sharmahd se teregstelling Maandag is ‘n “skandaal” en minister van Buitelandse Sake, Annalena Baerbock, waarsku die “onmenslike regime”, soos sy hulle noem, oor “ernstige gevolge”. Die minister […]
Tour de France volgende jaar net in Frankryk
2025 se Tour de France gaan eksklusief in Frankryk plaasvind vir die eerste keer sedert 2020 se wedren tydens Covid-19. Die moordende ren het in 2022 in Kopenhagen begin, die jaar daarna in Bilbao en vanjaar in Florence, maar volgende jaar is die wegspring in die Franse stad Lille. Dit kon weens die Olimpiese Spele […]
Pa wat blykbaar kind wou vermoor weer in die hoof
George Kashava, 52, verskyn weer vandag in die landdroshof in Katutura op twee klagtes, poging tot moord en sameswering om iemand moord te laat pleeg. Kashava wou volgens die staat, sy 29 jarige seun laat vermoor sodat hy die 2 miljoen Namibiese dollar se dekking op sy lewe, kon eis. Hy het in September aansoek […]
China belê N$50m in fase een van Suid-Suid-samewerking
Namibië het verlede jaar ‘n drieparty-ooreenkoms met China en die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie onderteken vir die tweede fase van die South-South Cooperation-inisiatief. Tydens die implementering van die eerste fase van die South-South projek van 2015 tot 2017, het China sowat 49,5 miljoen Namibiese dollar vir ’n verskeidenheid plaaslike ontwikkelingsprojekte gegee. By die formele […]
Maties-kanselier moet kwetsende uitlatings oor Wilgenhof-paneel terugtrek
Die kanselier van die Universiteit Stellenbosch, regter Edwin Cameron, is gevra om sy kwetsende stellings oor die paneel wat die Wilgenhof-koshuis ondersoek het, terug te trek. Cameron beweer in ‘n beëdigde verklaring die paneel se finale verslag, wat aanbeveel het dat Wilgenhof gesluit word, is gewysig voordat dit by die raad ingedien is. Die koshuis […]
Nuwe Chopin-wals ontdek
‘n Onbekende wals wat Chopin byna 200-jaar gelede gekomponeer het, is ontdek in die kluis van die Morgan-biblioteek en -museum in New York. New York Times berig ‘n kurator het afgekom op die werk op ‘n kaart met Frédéric Chopin se naam daarop geskryf. Die Poolse komponis is in 1849 op 39-jarige ouderdom dood, en […]