Verlenging van belasting amnestie bring hoop NamRA sal beter doen
Tydens die middeltermyn-begrotingsoorsig het die finansminister Ipumbu Shiimi ‘n verlenging van twee jaar van die belastingamnestieprogram aangekondig, wat nou op 31 Oktober 2026 sal verstryk. Die amnestie behou sy oorspronklike kwytskelding van rente en boetes indien uitstaande kapitaal teen die nuwe sperdatum ten volle betaal is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danny Meyer van […]
Meer klaskamers is goed, maar wat van koshuise?
Finansminister Ipumbu Shiimi het aangekondig dat die onderwysministerie ‘n Implementeringseenheid gestig het om aanbevelings van die 2022 Nasionale Konferensie oor Onderwys uit te voer. As deel hiervan beoog die ministerie om in die 2024/25-boekjaar 512 klaskamers landwyd te bou, waarvan 296 reeds in September voltooi was. Die hervormingsprogram fokus ook op die verbetering van digitale […]
Hezbollah voer dodelikste vuurpylaanvalle in maande op Israel uit
Israelse owerhede het bevestig dat sewe mense in die noorde van Israel dood is in twee afsonderlike Hezbollah-vuurpylaanvalle, wat as die dodelikste in maande beskryf word. ʼn Israelse boer en vier Thaise plaaswerkers is dood toe vuurpyle naby die dorp Metula op die grens met Libanon geval het. ʼn Israelse vrou en haar volwasse seun […]
Nog Lego-flieks op pad
Die Lego-groep ontwikkel drie lewendige-aksie flieks vir Universal Pictures. Die regisseurs Jake Kasdan, Patty Jenkins en Joe Cornish is vir die projekte gekies. Die Lego-handelsmerk se uitbreiding na rolprente het in 2014 by Warner Bros Entertainment begin met The Lego Movie, wat ontwikkel het in ʼn franchise van 17-miljard Namibiese dollar. Dit sluit toekomstige titels, […]
Heinrich Klaasen duurste IPL speler ooit
Krieket: Heinrich Klaasen van Suid-Afrika het die duurste speler in die geskiedenis van die Indiese Premierliga geword met wie ‘n kontrak gesluit is. Sunrisers Hyderabad het die paaltjiewagter en kolwer vir 48-miljoen Namibiese dollar aangestel vir die 2025-seisoen, saam met kaptein Pat Cummins en Travis Head van Australië. Nog ‘n Suid-Afrikaner, Faf du Plessis, is […]
Nored stel omkeerstrategie in
Die Noord-Namibië Streekselektrisiteitsverspreider, Nored, het ‘n omkeerstrategie ontwikkel om dalende winste en likiditeitsuitdagings aan te spreek. Die uitvoerende hoof vir besigheidstrategie, Christopher Aimwata, het vertel van vorige finansiële kwessies, insluitend ‘n voorval in Junie verlede jaar toe NamPower Nored se elektrisiteitstoevoer afgesny het weens onbetaalde skuld, wat tot kragonderbrekings in die noorde van Namibië gelei […]
GOOD kap opheffing van R370 hulptoelaag
Die GOOD-party sê finansminister Enoch Godongwana se besluit om die Maatskaplike Verligtingshulptoelaag van 370 Suid-Afrikaanse rand per maand volgende jaar op te skort, ondanks die voorspelde groei in die ekonomie wat te stadig is om werk te skep, is ‘n klap in die gesig van miljoene Suid-Afrikaners wat nie gekies het om arm te wees […]
NKorea skend resolusies met sy missiel: Withuis
Die Withuis het Noord-Korea veroordeel nadat hy ʼn langafstand- ballistiese missiel afgevuur het en sê dis ʼn blatante skending van talle resolusies van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad. Noord-Korea het gisteroggend ʼn nuwe tussenkontinentale ballistiese missiel, Hwasong-19, getoets. Die toets volg nadat Noord-Korea blykbaar sy kernproduksie-pogings verskerp en bande met Rusland versterk het. Dit veroorsaak […]
Engeland se kaptein verdedig All Blacks se haka
Rugby: Die kaptein van Engeland, Jamie George, sê hy hou van die geskiedenis van die haka nadat sy spanmaat, Joe Marler, gesê het Nieu-Seeland behoort hulle ritueel voor wedstryde te staak. Met die twee ou aartsvyande wat môremiddag in Twickenham sake uitspook, het Marler, wat nie in Engelse span ingesluit is nie, die haka as […]
Brandstof onveranderd vir November
Die brandstofprys is onveranderd vir November. Dus kos petrol 20 Namibiese dollar 25 sent by die pomp op Walvisbaai terwyl diesels 50ppm teen 19,72 per liter verkoop en 10ppm teen 19,82. Die lyministerie sê die olieprys was bestendig oor die afgelope maand en terwyl daar wel onderverhalings was, 6 sent vir petrol en 18 sent […]