Ruben Amorim is nuwe Manchester United-bestuurder

Sokker: Ruben Amorim is Manchester United se nuwe bestuurder. Die 39-jarige is tans bestuurder van Sporting en verhuis op 11 November uit Lissabon na Old Trafford. Sy kontrak is geldig tot Junie 2027. Die voormalige doelskieter van United, Ruud van Nistelrooy, neem op ‘n tussentydse basis waar nadat Erik ten Hag Maandag afgedank is en […]

Read More

Dis hoekom brandstofpryse nie die maand verander nie

Brandstofpryse bly dieselfde hierdie maand, met petrol wat steeds 20 Namibiese dollar 25 sent op Walvisbaai kos. Diesel 50ppm verkoop teen 19 dollar 72 per liter en diesel 10ppm kos 19 dollar 82 per liter. Meer inligting is bekend en die energieministerie se woordvoerder, Anna Salkeus, gee redes vir die onveranderde pryse.

Read More

Plakkers by Kasteel oplaas verwyder

Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die uitsetting van onwettige besetters by die Kasteel die Goeie Hoop is vanoggend afgehandel. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het in September ʼn uitsettingsbevel aan die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur toegestaan en die hawelose gemeenskap tot 17 Oktober tyd gegee om die gebied te ontruim. Hill-Lewis sê die uitsetting […]

Read More

Bande tussen NKorea, Rusland ‘nie China se saak’

China sê groeiende bande tussen Pjongjang en Moskou het niks met hom te doen nie nadat Amerika gewaarsku het tot agt-duisend Noord-Koreaanse troepe het Rusland se grensstreek bereik, is opgelei en is gereed vir oorlog met Oekraïne. China se Ministerie van Buitelandse Sake sê Noord-Korea en Rusland is twee onafhanklike, soewereine state en hoe hulle […]

Read More

3 SA spelers draf vir Skotland op

Rugby: Drie gebore Suid-Afrikaanse spelers is in Skotland se wedstrydgroep ingesluit vir môre se kragmeting teen Fidji op Murrayfield. Loskopstut Pierre Schoeman en linkervleuel Duhan van der Merwe begin albei en haker Dylan Richardson sal waarskynlik sy vierde toets van die bank af speel. Intussen sal Darcy Graham die eerste keer in meer as ’n […]

Read More

Jeug Omgewingskamer loods opstelkompetisie

Die Namibiese Jeug Omgewingskamer het ‘n opstelkompetisie geloods. Vanjaar se tema is “Die impak van Namibië se droogte op lewensbestaan ​​en jou omgewing”. Deelnemers moet 18 tot 35 jaar oud wees en ‘n lid van die Jeug Omgewingskamer wees. In die opstel kan deelnemers hul persoonlike ervarings en voorbeelde uit die gemeenskap beskryf. Kosmos 94.1 […]

Read More

Wanderers die span om te klop in T20 Krieket Premierliga

Met die eerste rondte van die T20 Krieket Premierliga wat afgehandel is, speel Wanderers môre om 9-uur gasheer vir WHS Old Boys. Wanderers is tot dusver die enigste onoorwonne span en is bo-aan die punteleer met 12 punte, terwyl Old Boys in die tweede plek is met 8 punte. In die tweede wedstryd om 2-uur […]

Read More

Jeug kan ook verkiesingsbom in Namibië laat bars: kenner

Botswana se president Mokgweetsi Masisi het ‘n nederlaag erken aangesien voorlopige resultate toon dat sy Botswana Democratic Party sy parlementêre meerderheid verloor het ná byna ses dekades aan bewind. Die finale uitslae is nog nie bekendgemaak nie. Die opposisie Umbrella for Democratic Change het die drempel van 31 setels oorgesteek wat nodig is om ‘n […]

Read More

NV weer op reses, begin weer 4 Februarie 2025

Die Nasionale Vergadering het aangekondig dat hulle weer met reses gaan nadat hulle op 28 Oktober van die reses teruggekeer het vir die middeltermynbegroting, wat uiteindelik vir twee dae uitgestel is. Die vorige reses het op 19 September begin om parlementariërs in staat te stel om aan verkiesingsveldtogte deel te neem. Die NV sal eers […]

Read More

PDM-jeugliga bekommerd oor weggelate werkloosheidsdata

Die kontroversie oor die Nasionale Statistieke Agentskap se weglating van die werkloosheidsdata uit die hoofsensusverslag, woed voort. Sommige jongmense sê dat hulle oningelig voel oor hierdie belangrike statistieke, wat hulle en hul vriende direk raak, voor die verkiesing. Sommige sê dat hulle vertroue in die onpartydigheid van die agenstkap verloor het en begin glo AR-leier […]

Read More