Nieu-Seeland klop Indië, wen reeks 3-0

Krieket: Nieu-Seeland het ‘n ongehoorde 3-0 reeksoorwinning in Indië behaal. Die Swart Pette het die gashere uitgeboul vir 121 op ‘n moeilike blad vir ‘n 25-lopie-oorwinning op die derde dag van die derde en laaste toets in Moembaai. Die laaste keer dat die Indiërs so ‘n nederlaag beleef het was in 2000, in ‘n reeks […]

Read More

Verkiesingsmateriaal na buitelandse sendings gestuur: ECN

Die Verkiesingskommissie van Namibië het die suksesvolle voltooiing van die versending van stemmateriaal na 33 van Namibië se 35 diplomatieke sendings in die buiteland aangekondig. Namibiërs in die buiteland stem op 13 November, en die materiaal vir Ondjiva en Menongue in Angola moet nog voltooi word. Die verpakking is op 31 Oktober gedoen, en die […]

Read More

Talle beseer toe toeristetrein botsing probeer vermy

Sestien mense is beseer toe ‘n toeristetrein wat bedryf word deur die Ceres-spoormaatskappy skielik moes stop om ‘n botsing met nege staande Transnet-vragdraers in die Kaapstadse hawe te vermy. Die maatskappy sê die voorval het gebeur weens spoorpunte wat nie reg ingestel was nie. Die skielike rempoging het passasiers vorentoe gegooi, met deure en kajuitmeubels […]

Read More

Trump Junior kasty media by Arizona-saamtrek

Donald Trump Junior het die media aangeval op ‘n Republikeinse veldtogbyeenkoms in Arizona. Hy en JD Vance het ondersteuners toegespreek by ‘n wapenvervaardiger in Scottsdale, waar die seun van die voormalige president die pers “full-on propaganda” genoem het. Hy sê hoe erg mense ookal die media verag, is dit nie genoeg nie. Donald Trump het […]

Read More

Norris wen Sao Paulo snelren, blaas in Verstappen se nek

Motorsport: Oscar Piastri het gehoor gegee aan die McLarenspan se opdrag en Lando Norris gister ‘n snelren-oorwinning in Sao Paulo gegee. Die eerste en tweede plek vir McLaren het Max Verstappen se Formule Een-voorsprong oor sy Britse uitdager na 45 punte verklein. Piastri het in die eerste plek weggespring en was voor totdat hy twee […]

Read More

NEFF stel manifes bekend, Amushelelo heraangestel

Die Namibia Economic Freedom Fighters het Saterdag sy verkiesingsmanifes in Windhoek bekendgestel. NEFF-leier Epafras Mukwiilongo het gesê as hulle aan bewind kom, sal 1 miljard Namibiese dollar belê word in Kunsmatige Intelligensie in die staatsdiens. Die projek sal deur Nust en Unam gekanaliseer word. Die party sal ook alle vorme van buitelandse grondbesit afskaf. Onderwyskommissaris […]

Read More

Onderwysministerie ondersoek kontrak-skeidingsbetalings

Kontrakonderwysers in die Khomas-streek kla dat hulle nog nie hul skeidingsbetalings ontvang het nie, terwyl hul kontrakte op 31 Desember 2023 geëindig het. Hulle sê anders as hul eweknieë in die Oshikoto-streek wat in Januarie betaal is, wag hulle steeds op hul betalings. Die onderwysers het ‘n beroep op die uitvoerende direkteur van onderwys gedoen […]

Read More

Serwië loods ondersoek na 14 sterf in dakineenstorting

Serwië het ‘n ondersoek begin na ‘n dakineenstorting by ‘n spoorwegstasie in die land se tweede grootste stad, Novi Sad, waarin 14 mense dood en drie beseer is. Die ramp het gebeur toe ‘n stuk dakbedekking langs die ingang na die stasie ineengestort het. Reddingswerkers wat swaar konstruksiemasjinerie gebruik het, het die dooies en gewondes […]

Read More

Trump val weer media, Harris aan in Noord-Carolina

Die twee Amerikaanse presidentskandidate is besig om koorsagtig veldtogte te voer voor die verkiesing Dinsdag. Donald Trump se laaste byeenkoms Saterdag was in Noord-Carolina, waar hy gespog het dat hy die grootste saamtrekke in die geskiedenis van enige land hou. Hy het vorige kwessies herhaal, insluitend om media by die saamtrek as “vals nuus” aan […]

Read More

Belasting-amnestie verleng, ‘nou moet NamRA verbeter’

Tydens die middeltermyn-begrotingsoorsig het die finansminister Ipumbu Shiimi ‘n verlenging van twee jaar van die belastingamnestieprogram aangekondig, wat nou op 31 Oktober 2026 sal verstryk. Die amnestie behou sy oorspronklike kwytskelding van rente en boetes indien uitstaande kapitaal teen die nuwe sperdatum ten volle betaal is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danny Meyer van […]

Read More