LP’s neem nie werk ernstig op want daar’s nie gevolge: ontleder
Die Nasionale Vergadering het Vrydag aangekondig dat hulle weer met reses gaan nadat hulle op 28 Oktober van reses teruggekeer het vir die middeltermynbegroting. Die ter tafel legging van die begroting moes uiteindelik vir twee dae uitgestel word omdat daar nie ‘n kworum was nie. Die NV sal eers op 4 Februarie 2025 hervat. Die […]
BOSA sê Botswana-verkiesing wys bevrydingspartye moet oppas
Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, sê Botswana se verkiesing is ‘n sterk waarskuwing vir bevrydingspartye in Afrika wat ontwikkel het in outoritêre regimes. Roger Solomons van BOSA sê Botswana se keuse om verandering aan te moedig en Duma Koko as president te verkies volg kort na die verkiesing in Zambië van […]
Cassius, grootste soutwaterkrokodil in gevangenskap, het gevrek
‘n Australiese soutwaterkrokodil wat die houer was van die wêreldrekord as die grootste krokodil in gevangenskap het gevrek. Cassius, wat meer as ‘n ton geweeg het, se gesondheid het van middel-Oktober af agteruitgegaan. Die Marineland Melanesia-krokodilhabitat op Green Island naby die toeristedorp Cairns sê hy was by die habitat sedert 1987 nadat hy vervoer is […]
Alle Palestyne in Noord-Gaza ‘loop risiko om te sterf’
Die hele Palestynse bevolking in die noorde van Gaza loop ‘n “onmiddelike risiko” om weens siekte, hongersnood of voortdurende bombardemente deur die Israeliese weermag te sterf, waarsku die hoof van die Verenigde Nasies se kinderagentskap Unicef, Catherine Russell. Russell het in ‘n verklaring gesê dat daar in die afgelope 48 uur alleen meer as 50 […]
Visserye minister luister na Okapale-vissers oor werkprobleme
Visserye minister Derek Klazen werk saam met vakbonde in Walvisbaai om klagtes van Okapale-vissers oor die regering se indiensneming-regstelling program aan te spreek. Vorige vergaderings het slegs komiteelede betrek, maar die minister gesels nou direk met vissermanne om misverstande uit die weg te ruim. Die program is in 2020 volgens ‘n kabinetsbesluit gestig en het […]
Hartlief Shop & Bistro heropen!
Die Hartlief Shop and Bistro in Windhoek se noordelike industriële area heropen môre. Die kleinhandel-perseel is op 7 April deur ‘n brand verswelg en was maande lank toe vir restourasie. Die fabriek is nie deur die brand geraak nie, en net die winkel en bistro was grootliks beskadig.
Oud-burgemeester skuldig aan aanranding
Die voormalige burgemeester van die Matjhabeng plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat, Thanduxolo Khalipha, is in die Landdroshof in Odendaalsrus skuldig bevind aan aanranding en neerhalende opmerkings. Hy is deur die ANC geskors kragtens die opsystaanreël na die aanklagte. Die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag Mojalefa Senokoatsane sê Khalipha is skuldig bevind aan aanranding en die […]
Nieu-Seeland klop Indië, wen reeks 3-0
Krieket: Nieu-Seeland het ‘n ongehoorde 3-0 reeksoorwinning in Indië behaal. Die Swart Pette het die gashere uitgeboul vir 121 op ‘n moeilike blad vir ‘n 25-lopie-oorwinning op die derde dag van die derde en laaste toets in Moembaai. Die laaste keer dat die Indiërs so ‘n nederlaag beleef het was in 2000, in ‘n reeks […]
Verkiesingsmateriaal na buitelandse sendings gestuur: ECN
Die Verkiesingskommissie van Namibië het die suksesvolle voltooiing van die versending van stemmateriaal na 33 van Namibië se 35 diplomatieke sendings in die buiteland aangekondig. Namibiërs in die buiteland stem op 13 November, en die materiaal vir Ondjiva en Menongue in Angola moet nog voltooi word. Die verpakking is op 31 Oktober gedoen, en die […]
Talle beseer toe toeristetrein botsing probeer vermy
Sestien mense is beseer toe ‘n toeristetrein wat bedryf word deur die Ceres-spoormaatskappy skielik moes stop om ‘n botsing met nege staande Transnet-vragdraers in die Kaapstadse hawe te vermy. Die maatskappy sê die voorval het gebeur weens spoorpunte wat nie reg ingestel was nie. Die skielike rempoging het passasiers vorentoe gegooi, met deure en kajuitmeubels […]