Verstappen vat Sao Paolo
Max Verstappen van Red Bull het ʼn verstommende terugkeer uit die 17de wegspringplek gemaak om die Sao Paulo Grand Prix te wen. Esteban Ocon en Pierre Gasly was onderskeidelik tweede en derde om twee podiumplekke vir Alpine te verseker. Verstappen se wêreldkampioenskap-teenstander van McLaren, Lando Norris wat in die eerste plek weggespring het, het sesde […]
Die eerste reën is hier
Reën het in sommige gebiede van Namibië uitgesak, wat die begin van die verwagte seisoenale buie aandui. Hierdie maand kan veral die noordelike en sentrale streke na verwagting bo-normale reënval ervaar, terwyl die suidelike streke waarskynlik ondergemiddelde neerslae sal sien. Vir die komende week word voorspel dat temperature in Windhoek en ander sentrale gebiede tussen […]
Swapo sê oor Botswana-verkiesing
Swapo het ‘n verklaring vrygestel wat die verkiesing in Botswana aanspreek en vertroue uitspreek dat Namibië se politieke landskap baie anders is. Sommige mense dink dalk dat Namibië ‘n soortgelyke koalisiegedrewe opposisie as in Botswana kan sien, maar Swapo meen dit is onwaarskynlik. Namibië, anders as Botswana, het die eerste vroulike presidentskandidaat wat vir Swapo […]
Nog ‘n fetus gevind deur individu wat kos in asdrom soek
Die Namibiese polisie het ‘n ondersoek gelas na ‘n fetus van tussen twee tot drie maande op die hoek van Hofsanger- en Voēlstrate in Khomasdal in die hoofstad gevind is. Die baba was in ‘n asdrom in ‘n plastieksak gevind. Oudergewoonte is die oorskot gevind deur ‘n lid van die publiek wat kos in die […]
Rehoboth het meeste wanvoeding in Hardap-streek
Uitdagings met wanvoeding duur voort met die jongste syfers van die Hardap-streek. Volgens plaaslike berigte is vier kinders dood en 188 is in die hospitaal weens wanvoeding waaronder 109 op Rehoboth, 62 in Mariental en 17 in Aranos. Die syfers dek Januarie tot Augustus vanjaar. Die syfers kom te midde van reuse-uitdagings op Mariental met […]
Nabta vra steeds vir subsidies met huidige brandstofprys
Die brandstofprys bly onveranderd in November, meestal te danke aan ‘n redelik bestendige olieprys in die voorafgaande maand. Die energieministerie het gesê die 6 sent onderverhaling vir petrol en 18 sent vir diesel sal deur die fonds geabsorbeer word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Pendapala Nakathingo, sekretaris-generaal van die Namibië Bus- en Taxivereniging, Nabta, […]
Rekenings van bankrot Bankmed lê by Namfisa
Die likwidateur van die Bankmed Namibia Medical Aid Fund het kennis gegee dat die fonds se voorlopige likwidasie- en distribusierekening, sowel as voorlopige balansstaat, tot 30 November ter insae en kommentaar beskikbaar is. Hulle kan by die kantore van die Namibië Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, en by die fonds se geregistreerde kantoor besigtig word. […]
Kommer oor ongebreidelde mag in SA-presidensie
ActionSA het die stigting verwelkom van ‘n oorsigkomitee oor die Presidensie, wat volgens die party in onlangse jare uitgebrei het tot ‘n superpresidensie. Athol Trollip van ActionSA sê die ongebreidelde uitbreiding van die mag binne die Presidensie ondermyn die werklike mandaat van die parlement. Dit is omdat dit die president toelaat om ‘n byna afsonderlike […]
Spaanse koning, koningin met modder bestook
Woedende skares mense het die Spaanse koning Felipe VI gekonfronteer in Paiporta, Valencia, ‘n dorp wat deur die dodelike vloede geraak is. Daar is modder gegooi na hom, koningin Letizia en premier Pedro Sanchez. Minstens 217 mense is dood, met honderde nog vermis. Die skare het “moordenaars, moordenaars” geskreeu en gesê laat waarskuwings van die […]
Harris en Trump steeds kop-aan-kop
‘n Dag voor die Amerikaanse verkiesing is Kamala Harris en Donald Trump kop-aan-kop in die sewe swaaistate, volgens die finale New York Times/Siena College-peiling. Harris het ‘n marginale voorsprong in Nevada, Noord-Carolina en Wisconsin, en Trump is net-net voor in Arizona. Michigan, Georgia en Pennsilvanië is gelykop. Sowat 40 persent van die respondente het reeds […]