Meer as 7 700 kinder-huishoudings in die land
Die jongste sensus-uitslae dui aan dat huishoudings waar ‘n kind aan die hoof staan tot 0,9 persent afgeneem het tenoor 1,1 persent in 2011. Intussen is huishouding wat deur ‘n weeskind bestuur word ook effe minder op 0,2 persent, af van 0,4 persent in 2011. Dit beteken daar is 7 754 huishoudings in die land […]
Mashatile verskyn oor ANC-kommissie
Adjunkpresident Paul Mashatile het volgens berigte die naweek voor die ANC se integriteitskommissie verskyn. City Press berig hy moes verslag doen oor al die bewerings teen hom wat in die media gemaak word. Van die bewerings sluit in dat Mashatile se skoonseun voordeel getrek het uit staatstenders en dat die adjunkpresident in huise woon wat […]
Harris belowe om Gaza-oorlog te beëindig
Amerika se visepresident Kamala Harris het beloof om alles in haar vermoë te doen om die oorlog in Gaza te beëindig. Sy het ʼn saamtrek in Michigan toegespreek waar Amerika se grootste Arabies-Amerikaanse bevolking woon. Michigan het sowat 240-duisend geregistreerde Moslem-kiesers. Harris sê sy sal seker maak al die gyselaars word vrygelaat, die lyding in […]
Rehoboth skryf skuld van N$26m af
Die Rehoboth-dorpsraad het 26 miljoen Namibiese dollar se skuld vir 609 eiendomme in Blok E afgeskryf. Volgens die dorpsraad se woordvoerder Desire Pieters sukkel talle van die huishoudings en die eiendomme kan dus nie oorgedra word in hulle name nie. Die dorpsraad sal die oordragkostes self hanteer en 56 000 dollar in die verband betaal. […]
Stad sê oor omskakeling van substasies na erwe
Meer besonderhede is bekend oor die stad se plan om verouderde elektrisiteitsubstasies in Windhoek se oudste woonbuurtes aan privaat eienaars te verkoop. Die Stad Windhoek het sowat 25 sulke substasies geïdentifiseer op erwe van ongeveer 450 vierkante meter of meer. Stad Windhoek sê om die elektrisiteitsinfrastruktuur te vervang sal ongeveer 13,2 miljoen Namibiese dollar kos, […]
ActionSA is dankbaar vir voedselinspekteurs in Gauteng
ActionSA in Gauteng het die belofte verwelkom van die premier Panyaza Lesufi om voedsel-inspekteurs te ontplooi om spazawinkels in die townships te monitor. Zwelithini Mtshali van ActionSA sê sedert Februarie vanjaar was daar in Gauteng meer as 210 gevalle van vermeende voedselvergiftiging. Dit het uitgeloop op 16 sterfgevalle onder kinders, wat meesal onder tien-jaar oud […]
COP16 beraam plan vir biodiversiteit
Verteenwoordigers van 196 lande het byeengekom in Cali, Colombia, om ooreen te kom oor hoe om die agteruitgang van die natuur teen 2030 te stop. Die COP16 VN-biodiversiteitspitsberaad is apart van die klimaatspitsberaad later die maand. Lande moes planne voorlê oor hoe hulle tuis biodiversiteitsteikens gaan bereik, maar die meeste het die spertyd misgeloop. Planne […]
GNU stel SA se toekoms in gevaar
Die landbou-organisasie TLU SA sê hy sien steeds gevaartekens vir die toekoms van Suid-Afrika se ekonomie. Bennie van Zyl van die organisasie sê in plaas van ‘n fokus op die opvoeding en bemagtiging van mense oor hoe om rykdom te skep en ‘n verantwoordelike rol in die ekonomie te speel, maak die regering hom skuldig […]
Trump sê hy moes nie die Withuis in 2020 verlaat het nie
Oudpresident Donald Trump sê hy moes nooit die Withuis verlaat het nadat hy die 2020-verkiesing verloor het, maar waarvan hy die uitslag nie aanvaar het nie. Hy het die opmerkings gemaak by een van sy laaste verkiesingsaamtrekke in die swaaistaat, Pennsilvanië. Trump het tydens sy toesprake weer samesweringsteorieë uit 2020 opgehaal dat stem-masjiene gekraak is […]
Joe Marler tree af
Die Engelse stut Joe Marler het uitgetree uit internasionale rugby. Dit is die tweede keer dat hy aftree nadat hy sy 2018-besluit om van toetsrugby weg te stap, omgekeer het. Die 34-jarige, wat sy debuut vir Engeland in 2012 gemaak het, het in 95 wedstryde uitgedraf. Hy het in die 2015, 2019 en 2023 Wêreldbekertoernooie […]