Oorplaatjies tans uitverkoop

Die Lewende Hawe en Lewende Hawe Produkte-raad het aangekondig dat oorplaatjies tans uitverkoop is. Die raad sê die aankoop van oorplaatjies het ongekende hoogtes bereik en drie maande se voorraad is binne ‘n maand uitverkoop. Die volgende besending, wat reeds ‘n maand gelede bestel is, is nou na lugvrag verskuif en sal in die week […]

Read More

Instituut vra wysiging van SA Wet op Dieregesondheid

Die Suider-Afrikaanse Omgewingsinstituut vir Geloofsgemeenskappe vra dat die Wet op Dieregesondheid gewysig word. Die instituut wil hê die wet moet ‘n verbod plaas op die vervoer van diere deur Suid-Afrika, in toestande wat skadelik is vir hul gesondheid. Die vasgemeerde skip Al Kuwait het sedert Sondag ‘n ondraaglike reuk in Kaapstad veroorsaak. Die skip wat […]

Read More

Namibiese vragmotors so ver nog nie gekaap

Soos die e-handelsektor groei, teiken misdadigers logistieke vragmotors en koeriervoertuie al hoe meer vir hul waardevolle vragte. Daar was in verlede jaar 1 996 vragmotorkapings in Suid-Afrika, wat vorige jare oortref. Koerier-ondernemings gebruik strategieë soos bakkie-assistente en twee bestuurders om risiko’s te verminder, terwyl plaaslike konsessie-eienaarskap en omvattende versekeringsdekking bykomende beskerming bied. Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Moenie op skakels in boodskappe kliek nie!

Sogenaamde “phishing”, of uitvissing, is ‘n manier waarop bedrieërs probeer om sensitiewe data, soos bankrekeningnommers, in die hande te kry deur hulle as ‘n wettige besigheid of betroubare persoon voor te doen. Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, sê die publiek moet versigtig wees vir verdagte skakels in boodskappe, sosiale media, of selfs telefoonoproepe […]

Read More

Universiteit van Pretoria skuif klasse tydelik aanlyn

Die Universiteit van Pretoria bied tans sommige van sy klasse by die Hatfield-kampus aanlyn aan weens voortslepende betogings en die onwettige versperring van ingange na die kampus. Werknemers het verlede week begin staak nadat onderhandelings oor salarisverhogings tussen die vakbond Nehawu en die universiteit ʼn dooiepunt bereik het. Die universiteit sê hy sal studente in […]

Read More

Beyoncé maak geskiedenis op countrymusiek-trefferlys

Beyoncé het geskiedenis gemaak as die eerste swart vrou bo-aan Billboard se Hot Country Songs-trefferlys toe haar lied Texas Hold ‘Em sy debuut as nommer een gemaak het. Haar ander nuwe country-liedjie, 16 Carriages, is in die negende plek. Beyoncé is ook die eerste vrou wat bo-aan die Hot Country én Hot R&B/Hip-Hop Songs-trefferlys pronk […]

Read More

SA verkiesing ‘n kans om van ANC los te breek: UDM

Die United Democratic Movement sê die komende verkiesings bied aan Suid-Afrikaners ‘n seldsame kans om los te breek uit die wurggreep van ‘n regerende elite, wat verwyderd is van die wese van demokrasie. President Cyril Ramaphosa het bevestig die algemene verkiesing word op 29 Mei gehou. Die UDM se nasionale sekretaris-generaal, Yongama Zigebe, sê die […]

Read More

Namibië kry nie heffings van gesmokkelde brandstof

Die Windhoekse prokureur, Kadhila Amoomo, het hom verlede week uitgespreek oor die onwettige smokkel van brandstof oor die Angolese grens na Namibië. Hy was filosofies oor mense wat in hegtenis geneem word omdat hulle goedkoop brandstof in Angola gekoop het in plaas van die duurder brandstof in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met Abednego Ekandjo, […]

Read More

Comic-Con Cape Town keer terug na die Moederstad

Comic-Con Cape Town, die baie gewilde viering van die popkultuur, keer vanjaar van 27 April tot 1 Mei terug na Kaapstad. Bekendes soos die internasionale strokiesprent-ikoon, Dan Didio, en Anand Ramcheron van Durban wat kunswerke bygedra het vir die Marvel: Crisis Protocol-bordspeletjie, sal teenwoordig wees. Die organiseerders sê Comic Con Cape Town bied iets vir […]

Read More

Slegs 10% van Europeërs meen Oekraïne kan Rusland nog verslaan

Byna twee jaar ná die volskaalse Russiese inval in Oekraïne, meen slegs tien persent van Europese burgers dat Oekraïne Rusland nog kan verslaan. Dit is volgens ‘n opname in opdrag van die Europese Raad vir Buitelandse Betrekkinge. Die opname het bevind, slegs een uit tien, uit die 12 lande wat ondervra is, meen Oekraïne sal […]

Read More