Begrotingsrede: SA regering wil energiesektor hervorm

Die buurland se finansminister Enoch Godongwana sê beurtkrag is ‘n kritieke saak wat alle Suid-Afrikaners raak, en ontwrig produksie, operasies en voortbestaan. Met die voorlê van die laaste begroting van die sesde administrasie, het hy gesê die hervorming van die energiesektor sal lei tot langtermyn energie-sekerheid. Hy sê die regering se besluite in die verlede […]

Read More

Namaf sê hy spreek hoë hospitaalrekeninge aan

Die Namibiese Vereniging van Mediese Hulpfondse, of Namaf, se uitvoerende hoof, Stephen Tjiuoro, sê die hoogste koste in die mediese fonds-bedryf is hospitaalrekeninge, wat altesaam 31 persent van die 5 miljard Namibiese dollar bedryf beloop. Hy het by ‘n mediakonferensie in Windhoek gesê Namaf werk aan intervensies om die hoë koste van hospitaalrekeninge en medisyne […]

Read More

SA ‘gaan rowwe paar maande ervaar’

Die aankondiging van Suid-Afrika se verkiesingsdatum het politieke partye aan die skarrel. President Cyril Ramaphosa het amptelik aangekondig dat die algemene verkiesing op 29 Mei sal plaasvind. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Andre Duvenhage, ‘n politieke ontleder in Suid-Afrika, gesels wat sê dat daar ‘n moeilike paar maande vir die land voorlê.

Read More

Unesco bevestig toewyding tot taalverskeidenheid

Die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskaplike en Kultuur-organisasie het vandag op Internasionale Moedertaaldag sy toewyding tot taalverskeidenheid herbevestig. Die dag is gemik op die aansporing van erfenisbeskerming deur tale, die bevordering van multi-kulturele onderwys en wêreldwye solidariteit, met begrip, verdraagsaamheid en dialoog. Lidlande word aangemoedig om die dag in vele tale te vier, wat deurslaggewend […]

Read More

Bokke pak Wallis in Junie op Twickenham

Rugby: Die Springbokke draf op 22 Junie die eerste keer weer op die veld sedert verlede jaar se Wêreldbeker-eindstryd wanneer hulle op die ikoniese Twickenham in Londen teen Wallis te staan kom. Die wedstryd in Londen om die Qatar Airways-beker sal die ideale voorbereiding wees vir die reeks teen Ierland, wat twee weke later begin. […]

Read More

Rehoboth-inwoners moet vir Covid-toetse gaan: dorpsraad

Die Covid 19-uitbraak in Rehoboth is steeds in die nuus. Inwoners van die gebied word aangemoedig om hulle te laat toets by die Covid 19-toetssentrums in die dorp, by die Hermanus van Wyk gemeenskapsaal en die Oanob gemeenskapsaal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Desire Pieters, die Rehoboth-dorpsraad se woordvoerder, wat sê inwoners word versoek […]

Read More

Nasionale Olimpiese Komitee sê hulle ondersteun wel boksers

Die Nasionale Olimpiese Komitee se sekretaris-generaal, Joan Smit, weerlê bewerings dat hulle nie amateurboksers ondersteun voor hul komende Olimpiese kwalifiserende gevegte nie. Smit sê hulle bestee ‘n onbekende bedrag geld aan verblyf, vliegkaartjies en etes, en het selfs ‘n mediese dokter ingesluit om die boksers te vergesel terwyl hulle voorberei om aan die 2024 Wêreld-kwalifikasietoernooi […]

Read More

Geingob het persvryheid voor-op gestel

Persvryheid word in baie lande bedreig, maar Namibië het hom onder die administrasie van wyle president Hage Geingob onderskei as die land met die vryste pers in Afrika. Geingob se verbintenis tot persvryheid is geprys deur vele plaaslike joernaliste, media-vakbonde en instansies, wat sê hy het joernaliste toegelaat om hul ambag vrylik te beoefen – […]

Read More

Plaaslike inhoud in petroleumbedryf verpligtend

Die regering sê die nakoming van die Nasionale Stroom-op Petroleum Plaaslike Inhoud-beleid is verpligtend vir potensiële beleggers in die olie- en gasbedryf. Die beleid is opgestel na die ontdekking van olie en gas aflandig van Namibië se suidelike kus. Petroleumkommissaris Maggy Shino het by die Internasionale Vereniging vir Boorkontrakteurs-konferensie in Windhoek gesê plaaslike inhoud is […]

Read More

Maak vroegtydig planne om by lughawens uit te kom

Die Namibië Lughawensmaatskappy versoek diegene wat gedurende die naweek die Hosea Kutako Internasionale Lughawe en die Eros-lughawe gaan gebruik om reëlings te tref om moontlike verkeersvertragings te vermy wat kan veroorsaak dat hulle hul vlugte mis. Die regering doen ‘n beroep op padgebruikers om verkeersreëls en -regulasies rakende motorstoete na te kom, om ‘n gladde […]

Read More