Agterplaas-plakkers kan nie dienskoste van Farm 37 bekostig nie

Die sogenaamde ‘agterplaas-huurders’ in Walvisbaai sê hulle sukkel om bydraes te maak om die erwe op Farm 37 te diens. Die ooreenkoms met die meer as duisend lede van die groep, is dat hulle 380 Namibiese dollar maandeliks moet betaal om Farm 37 te ontwikkel dat hulle dan daar hervestig kan word. Die eerste fase […]

Read More

IVP sê begroting is politieke foefie

Die adjunk-president van die IVP, Inkosi Buthelezi, noem die begrotingsrede ‘n politieke foefie voor die verkiesing. Hy het teleurstelling uitgespreek oor die ekonomie se afwaartse neiging en die onderprestasie van verskeie departemente, ondanks fondstoekennings. Buthelezi is bekommerd oor die regering se voorneme om 150 miljard Suid-Afrikaanse rand van die Goud en Buitelandse Valuta-gebeurlikheidsreserwe-rekening te gebruik […]

Read More

Navalny: Eerste sanksies teen tronkamptenare

Ses Russiese tronkbestuurders sal nie toegelaat word om na Brittanje te reis nie, en hulle bates in die land is bevries na die dood van die opposisieleier, Alexey Navalny. Hy is verlede week dood in ‘n Arktiese tronk, met die Verenigde Koninkryk wat die Russiese owerhede die skuld gee, insluitend president Vladimir Putin. Die Britse […]

Read More

Merc herontwerp voorste voertuig-vlerk

Mercedes se Formule Een-baas, Toto Wolff, sê hulle is tevrede met die wettigheid van die vernuwende ontwerp van die voorste vlerk op hulle nuwe motor. Die voorste vlerk het tydens die voorseisoentoetse in Bahrein onder die loep gekom oor die manier waarop dit die lugvloei rondom die motor beïnvloed. Dit lyk asof die span ʼn […]

Read More

Namibiese boere rou vandag vir Geingob

Luidens plaaslike berigte het wyle president Hage Geingob beplan om ná sy ampstermyn as president, as boer af te tree. Die landbou-ministerie het dus ‘n gedenkdiens vandag in Rietfontein gereël vir alle boere en instansies wat met landbou verband hou. Kommunale, hervestigde en kommersiële boere gaan die diens bywoon, asook verteenwoordigers van vele ander instansies. […]

Read More

Brandstofprys: Begroting sal dit dalk raak

Suid-Afrikaners kan ‘n groot styging in brandstofpryse in Maart verwag, wat nog ‘n terugslag sal wees vir verbruikers wat reeds swaar trek. In kommentaar op die middel-van-die-maand brandstofdata wat deur die Sentrale Energiefonds vrygestel is, sê die Automobielvereniging dat brandstofpryse R24 per liter vir beide grade petrol sal oorskry, wat naby die R25 per liter […]

Read More

Uumati geskors kort voor sy sou getuig oor prysvasstelling

Plaaslike berigte lui dat die nou geskorste besturende direkteur van Erongo Marine Enterprises Martha Uumati, blykbaar geskors is net voor sy voor die Namibiese Mededingingskommissie sou verskyn oor prysvasstelling. Erongo se moedermaatskappy, die Oceana-groep, vervaardig Lucky Star. Die Engelse dagblad, The Namibian, berig dat Uumati haar base gewaarsku het dat sy eerlik sal wees oor […]

Read More

Namibië moet ‘n plant-olie sektor skep

Die Namibiese Akkerbouraad het ‘n verslag oor plantaardige olies vrygestel en aanbeveel dat boere in die sektor belê. Die land het tussen 2022 en 2023 meer as 800 miljoen Namibiese dollar bestee op die invoere. Sonneblom-olie is die belangrikste kookolie wat in Namibië verbruik word met die hoogste verbruik ooit in 2019 aangeteken – op […]

Read More

Trump moet betaal of James vat sy bates

New York se staatsprokureur-generaal, Letitia James, sê sy sal nie huiwer om beslag te lê op oudpresident Donald Trump se geboue, insluitend sy Wall Street-wolkekrabber in Manhattan, as hy nie sy boete vir bedrog betaal nie. Trump, sy twee oudste seuns en vennote is Vrydag skuldig bevind dat hulle ʼn dekade lank doelbewus finansiële bedrog […]

Read More

SA moet R150 miljard losmaak vir begrotingstekort

Die Nasionale Tesourie in die buurland het planne aangekondig om 150 miljard Suid-Afrikaanse rand te onttrek uit die Goud- en Buitelandse Valuta-gebeurlikheidsrekening om ekonomiese bestendigheid te verseker en die tekort te verminder. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het in sy begrotingsrede gesê die besluit is deel van ‘n breër fiskale strategie om ekonomiese groei […]

Read More