Rust se wapenhanteerder binnekort in die hof

Die verhoor van die rolprent-wapenhanteerder Hannah Gutierrez gaan binnekort begin na die dood van die kinematograaf Halyna Hutchings op die stel van die Western-fliek Rust in Nieu-Meksiko in Oktober 2021. Sy is dood nadat Alec Baldwin haar tydens ‘n repetisie geskiet het, en die akteur en vervaardiger sal later afsonderlik verhoor word. Gutierrez het reeds […]

Read More

Kenner loof Enoch se begroting

Nie al die reaksie op die Suid-Afrikaanse begroting is negatief nie. Terwyl opposisie-partye ongelukkig is en dit afmaak as politieke foefie, sê die ekonomiese raadgewer van die Optimum Beleggingsgroep in Suid-Afrika, dr. Roelof Botha, dat die ‘n goeie begroting is.

Read More

Inligting steeds skraps oor verkeer-ontwrigting in hoofstad

Die daaglikse inligtingsessie van die inligtingsministerie is Woensdagmiddag gekanselleer en dus is daar steeds geen inligting oor watter roetes vanaf môre in die hoofstad geraak sal wees nie. Bronne by die Stadspolisie het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die militêreparade wat môre plaasvind wel hoofroetes sal raak, deur die hoofstad met Onafhanklikheidsrylaan wat gebruik […]

Read More

Jongste oor brandstof-diefstal by Namcor

Die diefstal van brandstof met ‘n geraamde waarde van meer as ‘n miljoen Namibiese dollar by die nasionale oliebergingsfasiliteit in Walvisbaai word steeds ondersoek. Namcor se woordvoerder Paulo Coelho het met Kosmos 94.1 Nuus oor die jongste gepraat en sê die brandstof is korrek gelaai en het die perseel verlaat, maar het nooit by die […]

Read More

Nog ‘n beroep vir ‘n skietstilstand in Gaza

Die Verenigde Nasies se globale koördineringsforum, die Inter-agentskap Staande Komitee, vra ʼn onmiddellike skietstilstand in Gaza en dat Hamas alle gyselaars dadelik vrylaat. Hamas het op 7 Oktober verlede jaar die suide van Israel ingeval, sowat 1 200 mense vermoor en 253 gyselaar geneem. Israel het gereageer met ʼn militêre veldtog in Gaza waarin meer […]

Read More

Bok-sewes het dissipline in Kanada nodig

Die Springbok-sewes-voorspeler, Zain Davids, sê dissipline gaan die belangrikste faktor wees in die naweek se wêreldreeks-sewestoernooi in Vancouver, Kanada. Suid-Afrika is in dieselfde groep as Nieu-Seeland, Groot-Brittanje en Ierland. Die Blitsbokke is tans vierde op die punteleer. Davids, wat in sy sewende Vancouver-toernooi speel, sê die groep moet alles uithaal om hulle doelwitte in vanjaar […]

Read More

Konstruksie sê nee vir 4-dag werksweek

Die Konstruksie-industrie Federasie het sy kommer uitgespreek oor die voorgestelde vierdaagse werksweek en noem die land se huidige produktiwiteitsvlak as ‘n potensiële struikelblok. Volgens die federasie is huidige uitset op 40 persent van potensiaal en dit is gebaseer op ‘n vyf-dag werksweek en meen dat die implementering van ‘n vier-dag-skedule sonder om kernproduktiwiteitsuitdagings aan te […]

Read More

Enoch het teleurgestel – Cope

Die Congress of the People sê die finansminister, Enoch Godongwana se begrotingsrede was ʼn groot teleurstelling. Die party sê hy het nie die belangrike beleidsake aangespreek wat die land in ʼn krisis gedompel het nie. Cope se waarnemende voorsitter, Pakes Dikgetsi, sê die voortgesette gebrek aan belegging in die uitbreiding van nuwe en noodsaaklike infrastruktuur, […]

Read More

Uitspraak voorbehou in Assange-saak

Britse regter Victoria Sharp het geen datum vir haar beslissing in die appèlsaak teen die uitlewering van Julian Assange na die VSA gegee nie en sê dit sal op ‘n latere datum gemaak word. Sy aansoek vir verlof tot appèl is die afgelope twee dae in die Britse hof gebring. Hy was nie in die […]

Read More

Klopp is trots op sy span

Liverpool loop met vier punte voor op die Engelse Premierliga se punteleer. Die span het in die tweede helfte herstel en Luton op Anfield met 4-1 verslaan. Dit is Luton se derde agtereenvolgende nederlaag en hulle bly in die relegasie-sone. Liverpool-bestuurder, Jurgen Klopp, sê hy is tevrede met sy span se veggees:

Read More