Derduisende oorplaatjies verkoop, voorraad op

Dr. Anja Boshoff van die Lewendehawe en Lewendehawe Produkte-raad het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor oorplaatjies wat tans uitverkoop is. Die raad sê die aankoop van oorplaatjies het ongekende hoogtes bereik en drie maande se voorraad is binne ‘n maand uitverkoop met rondom 94 000 beesplaatjies en 93 000 skaapplaatjies wat verkoop is.

Read More

Olifant-wesie kry nuwe familie

ʼn Wees-olifantkalfie met die naam Phabeni is by die olifantrehabilitasie- en ontwikkelingsreservaat by Hoedspruit in Limpopo deur ʼn olifant-ma en haar dogter aangeneem. Phabeni, wat in November gered is toe sy net vier maande oud was, het troos en versorging in die aanneem-trop gevind. Die olifant-ma, Setombe, het Phabeni in die familie verwelkom en die […]

Read More

Orange Farm-boere ontvang saailinge

Die voorsitter van ActionSA in Gauteng, Funzi Ngobeni, gaan vandag boere in Orange Farm besoek en saailinge aan hulle uitdeel. Mpumi Edward van die party sê, hulle glo die ondersteuning van boere is deurslaggewend om voedselsekerheid te verseker, ekonomiese ontwikkeling te bevorder en plaaslike gemeenskappe te bemagtig.

Read More

Shikongo waarsku kriminele

Die volgende paar dae gaan uiters besig wees, veral in die hoofstad. Honderde BBP’s lê besoek af met die begrafnis van Hage Geingob en met die militêre parade wat môre gehou word, sal honderde lede van die publiek op straat wees. Die polisie-hoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo het ‘n waarskuwing aan kriminele gerig…

Read More

Cosatu sê die begroting is flou

Cosatu sê die minister van finansies, Enoch Godongwana, se begroting is flou en slaag nie daarin om doeltreffend aandag te gee aan Suid-Afrika se ekonomiese uitdagings nie. Hulle ondersteun die vrystelling van 150 miljard Suid-Afrikaanse rand uit die reserwes, en dring aan op die strategiese gebruik van hierdie fondse om kritieke instellings soos Eskom en […]

Read More

Ghana verskerp wetgewing teen LGBT

Ghana se parlement het ‘n stap nader beweeg om ‘n stemming te hou oor ‘n wetsontwerp wat daarop gemik is om die regte van die LGBT-gemeenskap verder te beperk. Die huis het ‘n voorstel verwerp wat tronkstraf vir gay seks vervang het met berading. Gay seks is reeds in die Wes-Afrikaanse land strafbaar met tot […]

Read More

Verspring-aanpassings: ‘n Aprilgek-grap?

Die voormalige Olimpiese kampioen Carl Lewis beskryf die voorgestelde formaatverandering aan verspring as ‘n Aprilgek-grap. Die uitvoerende hoof van Wêreldatletiek, Jon Ridgeon, stel voor die afspringbord moet vervang word met ‘n afspringsone, wat sal wegdoen met spronge wat gediskwalifiseer word weens oortrap. Spronge sal dan net gemeet word van waar die atlete vastrap tot waar […]

Read More

Gesondheid werk hard om malaria aan te spreek

Die gesondheid-ministerie het ‘n groot aantal malariagevalle in die noordelike dele aangeteken en het uitbrekings in 15 distrikte verklaar, waar die epidemiese drempel oorskry is. Vanaf begin Januarie vanjaar is altesaam 2 476 malariagevalle aangemeld. Ongeveer 292 het hospitaal-behandeling vereis, insluitend ernstige gevalle, en daar was 10 sterftes. Die ministerie se skakelbeampte, Walters Kamaya, het […]

Read More

Opleiding oor dwelmmisbruik vir opvoeders

Tshwane sê die gemeenskapsgeoriënteerde program teen dwelmmisbruik in samewerking met die Universiteit van Pretoria maak ʼn verskil en bemagtig individue. Altesaam 30 opkomende ouderdomsgroep-opvoeders in Eersterus is onlangs opgelei oor die gevare van dwelmmisbruik. Die burgemeesterskomiteelid vir Gesondheid, Rina Marx, sê die program wat op wetenskaplike bewyse gebaseer is, wil die skadelike uitwerking verminder deur […]

Read More

EU keur 13de pakket sanksies teen Rusland goed

Die Europese Kommissie het die goedkeuring verwelkom van ‘n 13de pakket sanksies teen Rusland deur die lede van die Europese Unie. Die sanksies sluit die verbod in op 200 bykomende instellings en persone wat daarvan beskuldig word dat hulle betrokke was by die inval in Oekraïne. Die fokus is op entiteite en individue wat deel […]

Read More