Unam gee eerste salarisverhogings in jare

Die Universiteit van Namibië se visekanselier, prof. Kenneth Matengu, het vandag by die instelling se jaar-aanvangs-seremonie aangekondig dat die universiteit se werknemers ‘n 5 persent salarisverhoging gaan kry, met voordele. Dit kom nadat die universiteit se personeel vir ten minste vyf jaar nie verhogings gekry het nie.  

Read More

Stad Kaapstad verwyder haweloses van tennisbaan

Wetstoepassers van die Stad Kaapstad, bygestaan deur die balju van die hof, het 37 hawelose mense verwyder van die Groenpuntse tennisbaan. Dit volg op die finale uitsettingsbevel wat in Desember uitgereik is deur die Wes-Kaapse Hooggeregshof vir mense om vrywillig teen die einde van verlede maand die perseel te verlaat. Die wyksraadslid Nicola Jowell sê […]

Read More

Tiger Woods se seun mik om vir PGA-toernooi te kwalifiseer

Gholf: Charlie Woods, die seun van die gholflegende, Tiger Woods, het begin met sy strewe om te kwalifiseer vir sy eerste PGA-toernooi wat vir volgende week geskeduleer is. Hy neem vandag deel aan een van vier voor-kwalifikasies, aangesien hy mik daarna om die Cognizant Classic te haal. Die top 25 spelers en gelykopspelers dring deur […]

Read More

ANC verwag 75 000 lede by manifes-bekendstelling in Durban

Die ANC sê alles is gereed vir Saterdag se manifes-bekendstelling in die Moses Mabhida-stadion in Durban. Die party verwag ‘n reuse-opkoms en het deeglik beplan vir die bywoning van 75 000 mense. Dit sluit in 65 000 lede op sitplekke en nog 10 000 op die veld, met voorsiening vir bywoning buite die stadion. Adjunk-sekretaris-generaal […]

Read More

Gaan 4-dag werksweek werk in Namibië?

Die nuus dat Namibië die vierdaagse werksweek gaan beproef maak landswyd opslae. Die 6-maande loodsprogram is geskeduleer om in April vanjaar af te skop, met deelname van ‘n diverse reeks nywerhede en toonaangewende besighede. Die inisiatief sal gelei word deur die organisasie 4 Day Week in vennootskap met sy landvennoot, Pulse HR Network Namibia, soos […]

Read More

Mbalula beskuldig DA van sielkundige manipulasie oor kaderontplooiing

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, beskuldig, wat hy beskryf as DA-geleide regse magte, van die voer van ‘n ideologiese offensief, met die verwringing en karikatuur-uitbeelding van die ANC se kaderbeleid en -ontplooiingstrategie. Mbalula het die media toegespreek oor hulle gereedheid vir die manifesbekendstelling, en die DA se beweerde oneerlikheid gekritiseer. Hy sê hulle […]

Read More

Voormalige Withuis-hond se skrikbewind onthul

Die voormalige hond van die Withuis se diplomatieke vaardighede is onder die loep nadat dokumente getoon het die Amerikaanse president, Joe Biden, se Duitse herdershond het glad nie van sy baas se lyfwagte gehou nie. Die hond, genaamd Commander, het volgens berigte geheimediens-agente minstens 25 keer gebyt voordat hy verlede jaar uit die Withuis verwyder […]

Read More

Voormalige Brasiliaanse ster Alves gaan tronk toe

Sokker: ‘n Spaanse hof het die voormalige Bralisiaanse ster Dani Alves tronkstraf van vier-en-‘n-half-jaar opgelê vir die seksuele aanranding van ‘n vrou in ‘n nagklub in Barcelona in 2022. Die 40-jarige Alves, alom beskou as een van die beste agterspelers van alle tye, het ‘n ongelooflike 43 senior titels in sy loopbaan verower. Hy het […]

Read More

Roete van seremoniële optog wat Geingob se oorskot begelei

Die amptelike militêre optog en begeleiding van die oorskot van wyle president Hage Geingob op die seremoniële roete, wat om 12-uur die middag by Staatshuis sal begin, is aangekondig. Wanneer die roete voltooi is, sal die oorskot in staat lê in die parlementstuine, waar die publiek hul laaste respek kan betoon. Brigadier-generaal Remigius Kalimba, adjunkhoof […]

Read More

Dis Namibië teen Engeland in Oor-40-Krieketwêreldbeker

Span Namibië maak gereed vir nog ‘n taai stryd op wedstryddag 3 van die Oor-40-Krieketwêreldbeker vandag in Kaapstad, wanneer hulle teen Engeland speel. Ten spyte van ‘n paar moedige individuele kolfvertonings, het die Namibiërs tot dusver albei hul eerste poelwedstryde teen Kanada en Australië verloor. Hulle gaan nog een poelwedstryd speel, teen Zimbabwe.

Read More