Meer vrae as antwoorde in Nampol Okh-vyf-saak

Die Namibiese polisie het ‘n lang verklaring uitgereik en verskeie kwessies wat in die openbaar bespreek word, aangespreek. In verband met aantygings rakende die 2023-skietdood van die Okahandja-vyf, sê die mag dat die sesde verdagte wat weggekom het, reeds opgespoor is en sy verklaring is geneem, wat die totale verklarings in verband met die voorval […]

Read More

Leonard-uraan: Kommentaar sluit vandag

Kommentaar op Uranium One se omgewingsimpakstudie vir toetsmynbedrywighede op die plaas Tripoli buite Leonardville moet vandag op die laatste gelewer word, wanneer die sperdatum verstryk. Sauma, boere in die Omaheke-streek en ander belanghebbendes staan enige uraanontginning deur Uranium One en sy Namibiese filiaal Headspring Investments in die Stampriet-bekken teen. Die belanghebbende en geaffekteerde partye beweer […]

Read More

Uutoni hof toe oor Otjomuise-huise

Die minister van stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni sleep die NEFF-aktivis Michael Amushelelo hof toe gesleep om die beplande besetting van huise in Windhoek se Otjomuise-woongebied op 29 Februarie te verbied. Die dringende interdik poog om te verhoed dat Amushelelo en enige ander ‘ongemagtigde’ persone onwettig toegang tot die huise verkry of enige struktuur op die […]

Read More

Plastiekbesoedeling in ons see wek kommer

Ocean Conservation Namibia is bekommerd oor die gebruik van plastieksakke en die skade wat dit aan seediere aanrig. Gewone plastiek huishoudelike rommel kan dieselfde verwoestende impak hê as visnette en vislyne. Sodra plastieksakke in die see of enige ander plek in die natuur land, kan enige dier die ongelukkige een wees om die gevolge van […]

Read More

Plofstof-sindikaat in die Welkom-hof

Vier vermeende lede van ‘n sindikaat wat verdink word van die verskaffing van onwettige plofstof vir misdadige bedrywighede, sal vandag in die landdroshof in Welkom in die Vrystaat verskyn. Hulle is tydens ‘n gesamentlike operasie aangekeer en staan tereg op aanklagte van oortreding van die Wet op Plofstof. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die sindikaat […]

Read More

FNB-ekonoom sê begroting lyk so…

Die nasionale begroting vir 2024, wat die regering se verwagte inkomste en belangrike nasionale bestedingsprioriteite uiteensit, sal op 28 Februarie in die parlement ter tafel gelê word. Dit is ‘n belangrike begroting aangesien dit voor ‘n verkiesingstydperk kom, en te midde van ‘n voortslepende droogte, trae nie-mynbougroei en ‘n minder ondersteunende globale agtergrond. Dit sal […]

Read More

Befondsing vir SA-verkiesings is nie billik nie

Rise Mzansi beweer die 200 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat toegeken is vir die befondsing van politieke partye voor die algemene verkiesing, sal in die bankrekeninge van groot partye beland. Die hooforganiseerder, Makashule Gana, kritiseer die toekenning. Hy sê kleiner partye soos Rise Mzansi moet staatmaak op skenkings terwyl groot partye soos die ANC en die […]

Read More

Rafah loop weer deur

Israeliese bombardemente van Rafah in die Gaza-strook het ‘n moskee platgevee en huise vernietig. Gaza-gesondheidsowerhede sê dat 97 mense in die laaste 24 uur van Israeliese aanvalle dood en 130 gewond is, maar die meeste slagoffers is steeds onder puin of in gebiede wat redders nie kan bereik nie. Minstens 20 mense is ook dood […]

Read More

Dupont skop sewes-loopbaan af

Frankryk se voormalige 15-man-kaptein, Antoine Dupont, skop die naweek sy sewes-loopbaan in Kanada af. Hy is ingesluit in die land se span vir die wêreldreeks-toernooi in Vancouver. Dupont het kort na verlede jaar se Wêreldbeker aangekondig hy wil ‘n plek oopspeel in Frankryk se sewesspan vir die Olimpiese Spele in Parys. Dit beteken hy speel […]

Read More

Staatsdiens werk net tot 10vm Vrydag

Die kantoor van die eerste minister het opdrag gegee dat alle staatsdienspersoneel tot Vrydagoggend om 10-uur sal werk, terwyl die land voorberei vir president Hage Geingob se roudiens en begrafnis. Die daaglikse inligtingsessie oor die staatsbegrafnis het vandag by die Staatsinligtingsentrum plaasgevind. Inligting-minister Emma Theofelus sê dat die regering van Angola 20 motors beskikbaar gestel […]

Read More