Meer as 30 000 burgerlikes in Oekraïne dood

Die Verenigde Nasies se Menseregte-hoof, Volker Türk, sê Rusland se volskaalse gewapende aanval op Oekraïne veroorsaak steeds ernstige en wydverspreide menseregteskendings, wat lewens en lewensbestaan vernietig. In sy jongste verslag het die VN se Menseregtemoniteringssending in die Oekraïne 30 457 burgerlike ongevalle sedert Februarie 2022 bevestig. Türk vra dat alle menseregteskendings en oortredings van internasionale […]

Read More

Sesnasies: Skotland wil môre wen

Skotland se afrigter, Gregor Townsend sê môre se wedstryd teen Engeland is hul belangrikste dié seisoen. Hy het drie veranderings aangebring vir die stryd in die derde ronde van die Sesnasies-kragmeting op Murrayfield. Blair Kinghorn, Kyle Steyn en Jamie Ritchie is terug in die span. Skotland wil Engeland môre vir die eerste keer in 52 […]

Read More

Daar’s geen gratis aanlynkursusse, rekenaars van Unam nie

‘n Onlangse geborgde sosiale media-plasing deur ‘n sogenaamde “Online course gan” beweer dat dit gratis kursusse van die Universiteit van Namibië aanbied. Die plasing beweer verder dat studente onder meer gratis skootrekenaars sal ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met die Unam-woordvoerder, Simon Namesho, oor die aangeleentheid gepraat. Hy waarsku studente teen vals sosiale media rekeninge […]

Read More

Navalny se ma het haar seun se oorskot gesien maar nog nie ontvang nie

Die Russiese opposisieleier, Alexei Navalny, se ma sê sy het haar seun se liggaam in die lykshuis gesien en sy doodsertifikaat onderteken. Die 47-jarige Navalny is verlede week in die Arktiese gevangene-kolonie dood waar hy tronkstraf van 19 jaar moes uitdien op aanklagte wat baie as polities gemotiveerd beskou. Lyudmila Navalnaya sê in ʼn video-opname […]

Read More

United hervat vlugte na Israel

United Airlines het planne aangekondig om regstreekse vlugte na Israel te hervat. Hy word die eerste Amerikaanse lugredery wat die diens hervat sedert Hamas se aanvalle op Israel op 7 Oktober. Die redery sal vlugte aanbied van Newark na Tel Aviv via München in Duitsland, met vlugte wat terugkeer van Israel na Newark op 3 […]

Read More

DA het kommer oor stand van watersport in die buurland

Die DA sê hy gaan die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, vra om ʼn onafhanklike ondersoek in te stel na Swem Suid-Afrika. Dit volg nadat beide die mans- en vroue-waterpolospanne aan die Olimpiese Spele in Parys onttrek is weens hulle prestasie by die onlangse Wêreld-swemkampioenskapsbyeenkoms in Doha, Katar. Veronica van Dyk van […]

Read More

Den Haag: Namibië vandag aan die beurt

Namibië sal vandag voorleggings by die Internasionale Geregtigheidshof in Den Haag oor die besetting van Gaza doen. Die regering het onder skoot gekom omdat ‘n Keniaanse professor, Phoebe Okowa, die land by die hof sal verteenwoordig. Volgens die ministerie van justisie is sy gekies as gevolg van haar ervaring met die hof. Namibië sluit aan […]

Read More

EFF sê ANC moenie hospitale koop nie

Die EFF in Gauteng sê hy is geskok oor premier Panyaza Lesufi se plan om 18 privaat hospitale te koop vir die Nasionale Gesondheidsversekeringplan. Hulle voer aan dit bewys ‘n gebrek aan begrip van die fundamentele beginsels van die plan. Die party is gekant teen die uitkontraktering van gesondheidsorg aan die privaat sektor. Naledi Chirwa […]

Read More

Indiese spookasem kan moontlik kanker veroorsaak

Die Indiese ministerie van Gesondheid het ‘n waarskuwing uitgereik oor die gebruik of verkoop van verpakking of voedsel wat die chemikalie Rhodamine-B bevat by openbare geleenthede en sê dit sal strafbaar wees ingevolge die Wet op Voedselsekerheid en Standaarde. Dit volg nadat verskeie state die verkoop van spookasem verbied het weens vrese dit kan kanker […]

Read More

Aanklaer voer aan Rust se wapenhantering was nalatig

Die openingsverklarings in die rolprent-wapenhanteerder, Hannah Gutierrez-Reed, se verhoor oor die noodlottige skietvoorval op die stel van Rust, is in ʼn Amerikaanse hof aangehoor. Die kinematograaf Halyna Hutchins is dood nadat ʼn vuurwapen wat die akteur Alec Baldwin vasgehou het, in Oktober 2021 op die stel afgegaan het. Gutierrez-Reed het onskuldig gepleit op aanklagte van […]

Read More