RISE is gereed vir verkiesing

RISE Mzansi sê hy het met trots en sukses 112 018 handtekeninge op die Verkiesingskommissie se portaal gelaai. Dit is genoeg om te verseker die party kan in al nege provinsies sowel as nasionaal aan die verkiesing deelneem. RISE Mansi se woordvoerder, Boitumelo Mpakanyane, sê ondanks die politieke bestel wat talle struikelblokke meebring vir onverteenwoordigde […]

Read More

Aussies loop deur onder natuurrampe

Natuurrampe kan die Australiese staat Nieu-Suid-Wallis teen 2060 172,5 miljard Namibiese dollar kos as klimaatsverandering en bevolkingsgroei nie bekamp word nie. Dit is die mening van Nieu-Suid-Wallis se Owerheid vir Heropbou. Die staat het die afgelope jare onder oorstromings, hittegolwe en veldbrande deurgeloop en nou sy heel eerste ramp-bekampingsprogram bekend gestel. Die owerheid sê klimaatsverandering […]

Read More

Red Bull is steeds die top-span

Carlos Sainz van Ferrari gee die pas aan op die tweede dag van die Formule Een-voorseisoentoetse in Bahrain. Sergio Perez van Red Bull was die tweede vinnigste, gevolg deur Lewis Hamilton se Mercedes. Sainz se tyd was beter as dié van die driemalige kampioen, Max Verstappen, op die eerste dag. Die tweede Ferrari van Charles […]

Read More

Walvis se agterplaas-plakkers verduidelik Farm 37 uitdagings

Walvisbaai-agterplaas-huurders sê om by te dra tot die diens van hul toegekende grond by Farm 37, asook om huur by hul huidige blyplekke te betaal, is nie volhoubaar nie. Die groep is gedeelte 19 van Farm 37 toegeken, wat 33 hektaar beslaan en na verwagting sowat 1 000 van hul lede sal huisves. Hulle het […]

Read More

Hill-Lewis betreur besnoeiings in begroting

Kaapstad se burgemeester Geordin Hill-Lewis het die besnoeiing van 540 miljoen Suid-Afrikaanse rand oor die volgende twee jaar in nasionale befondsing aan die stad, veroordeel. Dit is deel van uitgebreide besnoeiings wat die minister van Finansies, Enoch Godongwana, Woensdag in sy begrotingsrede aangekondig het. Hill-Lewis sê Kaapstad sal nog 52 miljoen rand minder ontvang as […]

Read More

Obiang van Ekwatoriaal Guinee se seun in Spanje gearresteer

Spanje se hoërhof het ‘n appèl deur lede van Ekwatoriaal-Guinee se opposisie aanvaar en ‘n laerhof beveel om inhegtenisnemingslasbriewe uit te reik vir die seun van die land se president en twee ander amptenare oor bewerings van marteling en ontvoering. Carmelo Ovono Obiang, seun van president Teodoro Obiang, en twee ander senior amptenare is daarvan […]

Read More

VSA voeg nog sanksies by teen Rusland

Amerika gaan vandag sanksies instel teen meer as 500 Russiese ondernemings. Dis die grootste stel sanksies sedert Moskou Oekraïne meer as twee jaar gelede ingeval het. Amerika se nasionale veiligheidsraadgewer, Jake Sullivan, sê die nuwe maatreëls sal ʼn breë reeks elemente dek wat verband hou met die Russiese verdediging se nywerheidsbasis en inkomstebronne vir die […]

Read More

Odysseus land op die maan, VSA verheug

Die privaat geboude ruimtetuig, Odysseus, het geskiedenis gemaak deur die eerste Amerikaanse ruimtetuig in meer as 50 jaar te word wat op die maan land. Die Odysseus gaan die omgewing rondom die maan se suidpool verken voor NASA se beplande bemande sending daarheen in 2026. Die ruimtetuig behoort aan Intuitive Machines in Houston, Texas. NASA […]

Read More

Boere verloor N$14,4m in 2023

‘n Omvattende ontleding deur die Lewendehawe Produsente-organisasie toon verbysterende verliese van amper 14,4 miljoen Namibiese dollar wat boere gedurende 2023 aangeteken het. Die Namibiese Landbou-unie sê die verliese is deur roofdiere, diefstal, droogte-verwante siektes en rampe, asook probleemdiere veroorsaak en spruit uit 1 248 insidente wat deur LPO-lede gerapporteer is. Dit verteenwoordig ’n fraksie van […]

Read More

SA-landbou kan nie nuwe minimumloon bekostig nie

Die landbou-unie TLU SA sê hy het ʼn veldtog van stapel gestuur om boere te ondersteun wanneer die nuwe minimum loon van krag word. Die minimum loon styg van die eerste van volgende maand van 25 Suid-Afrikaanse rand 42 sent per uur tot 27 rand 58 sent. Dit is ʼn verhoging van 8,5-persent. Bennie van […]

Read More