MK-party werf swaargewig-regslui vir hofstryd teen ANC

Die uMkhonto we Sizwe-party het top-regslui, onder andere advokate Dali Mpofu en Muzi Sikhakane, betrek om sy naam en logo teen die ANC te probeer verdedig. Die regerende party betwis die party se registrasie en het die Verkiesingshof genader om die party te keer om die verkiesing te betwis in kleure wat die ANC-geskiedenis en […]

Read More

Engeland skop vas aan begin van vierde toets teen Indië

Krieket: Engeland het herstel van ‘n swak begin in die vierde toets teen Indië in Ranchi. Ben Stokes het die loot gewen en gekies om te kolf, en die besoekers het hul derde paaltjie verloor op slegs 47. Daarna het Jonny Bairstow en Joe Root vasgeskop, voordat die paaltjies weer begin val het. Root het […]

Read More

Wat is die toekoms van elektriese voertuie in Namibië?

In die Suid Afrikaanse begroting wat ter tafel gelê is deur die finansminister Enoch Godongwana, het die regering 964 miljoen Suid-Afrikaanse rand belê in die medium termyn vir die infasering van elektriese voertuie. Kosmos 94.1 Nuus het met Conrad Roedern gepraat, die stigter van die invoerder Electric Vehicles Namibia, oor hoe die toekoms vir Namibië […]

Read More

Twee van Namibië in Afrika Amateur Gholfkampioenskap naweekspel

Twee Namibiese gholfspelers uit ‘n groep van vyf het daarin geslaag om die naweek verder in die eerste Afrika Amateur Gholfkampioenskap te speel. Met spelers buite die top-40 posisies wat die afsnypunt mis, is Stefanus Bonifatius van Windhoek Gholfklub en Kyle Johnson van Walvisbaai Gholfklub steeds in die prentjie. Bonifatius se tweedaagse totaal van 157 […]

Read More

Staatshoofde, Prinses Anne op pad na Windhoek

Die inligting-minister, Emma Theofelus, het aangekondig dat 27 internasionale afvaardigings, waarvan 18 staatshoofde en verteenwoordigers van regerings is, president Hage Geingob se amptelike gedenk- en begrafnisdiens sal bywoon. Theofelus het by die daaglikse inligtingsessie oor die begrafnisreëlings gesê die gaste sluit in die Britse koninklike Prinses Anne en die president van Duitsland, Frank-Walter Steinmeier.

Read More

Roete môre vanaf parlementstuine na Onafhanklikheidstadion

Brigadier-generaal Rehabiam Kalimba van die Namibiese Weermag het die roete aangekondig van die optog wat môre president Hage Geingob se oorskot sal vervoer. Die optog sal van die parlementstuine na die Onafhanklikheidstadion beweeg vir die gedenkdiens, waarna die liggaam in staatsie sal lê. Die optog sal by die parlementstuine begin en beweeg in Robert Mugabelaan […]

Read More

Gaza roep Duitse volksmoord-herinneringe in Namibië op

Namibië het vandag ‘n mondelinge verklaring by die die Internasionale Hof van Justisie in Den Haag, Nederland, aangebied oor die Israel-Palestina kwessie. Die justisie-minister, Yvonne Dausab, het gesê die aanvalle op Palestyne in Gaza roep pynlike herinneringe op van die volksmoord wat Duitsland op Namibiërs uitgevoer het. Namibië en ander lande, insluitend Suid-Afrika, wil hê […]

Read More

SA burgers in Namibië kan nog aanlyn registreer vir SA verkiesing

Stemgeregtigde Suid Afrikaners wat in Namibië of elders in die wêreld woon het nog net kans tot middernag vanaand om aanlyn vir die algemene verkiesing te registreer. Om ‘n aansoek in te dien om te registreer om buite die buurland te stem, moet jy ‘n Suid-Afrikaanse burger wees en ten minste 16 jaar oud wees. […]

Read More

Takealot-verspreidingsentrum versterk KZN-ekonomie

eThekwini se burgemeester, Mxolisi Kaunda, het die nuwe moderne verspreidingsentrum vir Takealot in KwaZulu-Natal bekendgestel. Die sentrum is in The Brickworks geleë – ‘n sake- en logistieke park van 157 hektaar wat deur Investec-eiendomme op die streek se ou Corobrik-fabrieksterrein ontwikkel word. Kaunda sê The Brickworks is een van die belangrikste logistieke en verspreiding-spilpunte in […]

Read More

Ondangwa Expo vir tussen 30 April en 4 Mei geskeduleer

Die 11de uitgawe van die Ondangwa Expo is geskeduleer om van 30 April tot 4 Mei plaas te vind. Petrina Shitalangaho-Mutikisha, woordvoerder van die Ondangwa-dorpsraad, sê die ekspo verteenwoordig die raad se verbintenis om innovasie, samewerking en besigheidsgroei binne die sakegemeenskap te bevorder. Daar word verwag dat dit vooraanstaande kundiges, bedryfspioniers en sleutelbelanghebbendes van binne […]

Read More