Solidariteit daag Regspraktykraad uit oor Afrikaanse eksamen

Die vakbond Solidariteit sê hy is diep teleurgesteld in die Regspraktykraad aangesien die versoeke om inligting of ‘n vergadering bloot op dowe ore geval het. Die vakbond het ‘n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ingedien wat omvattende besonderhede versoek, ná die raad se besluit om Afrikaans as taalmedium in […]

Read More

Smokkelaars vlug, los nege opblaasbote in Polokwane

Operasie Vala Umgodi het gelei tot die beslaglegging op nege opblaasbote nadat drie vermeende smokkelaars die gereg ontvlug het by Chirumbu in die Vhembe-distrik in Limpopo. Die gesamentlike operasie van wetstoepassingsagentskappe, waarby die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag betrokke is, het Woensdag smokkelbedrywighede langs die Limpoporivier geteiken, insluitend onwettige immigrante en vervalste goedere. Drie verdagtes het te […]

Read More

Britse owerhede lê beslag op meer as 5 ton kokaïen

Britse owerhede het hul grootste vonds ooit gemaak met Klas A-dwelms en beslag gelê op sowat 5 170 kilogram kokaïen ter waarde van meer as tien-miljard Namibiese dollar. Die dwelms is in ‘n houer piesangs van Suid-Amerika by die Southampton-hawe gevind. Die Nasionale Misdaadagentskap glo die besending was vir Duitsland bestem. Hierdie beslaglegging word beskryf […]

Read More

Afrika-leiers moet Westerse leiers op hul tone hou oor klimaatsverandering

Die Namibiese ekoloog, Peter Cuningham, het die noodsaaklikheid vir Afrika-leiers beklemtoon om hul Europese eweknieë aanspreeklik te hou om aandag te skenk aan klimaatsverandering. Cuningham se verklaring volg ná ‘n onlangse studie wat ernstige hongersnood voorspel vir 200 miljoen Afrikane, ‘n potensiële vermindering van 30 persent in oes-inkomste en ‘n 7,1-persent afname in die bruto […]

Read More

DA-leier soek Cyril se e-posse en WhatsApps

Die DA-leier, John Steenhuisen, het ‘n aanmaningsbrief aan die ANC gestuur waarin hy aandring die party moet gehoor gee aan die Konstitusionele Hof se uitspraak dat kaderontplooiingsrekords terugwerkend tot 2013 vrygestel moet word. Hy beklemtoon die ANC se versuim om president Cyril Ramaphosa se e-posse en WhatsApps in te sluit tydens sy ampstermyn as die […]

Read More

SAPD vernietig meer as 18 000 vuurwapens

Die Suid-Afrikaanse polisie het meer as 18 000 vuurwapens, vuurwapen-onderdele en ammunisie in Vanderbijlpark, in Gauteng, vernietig. Die vernietigingsoperasie was gerig op vuurwapens wat in misdade gebruik word, insluitend transitorooftogte en geslagsgeweld-sake. Dit is die tweede keer in die 2023/2024-boekjaar dat wapens vernietig word, met Gauteng die provinsie waar die meeste vuurwapens, naamlik 3 389, […]

Read More

Biden ontmoet Navalny se weduwee en dogter in San Francisco

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het die Russiese opposisieleier Alexei Navalny se weduwee en dogter, Yulia en Dasha Navalnaya, in Kalifornië ontmoet. Navalny het ‘n week gelede in ‘n Arktiese tronk gesterf, met sy vrou wat die Russiese president, Vladimir Putin, beskuldig hy het sy dood gelas. Die VSA het vroeër vandag sanksies aangekondig teen […]

Read More

Numsa stel ultimatum aan Putco Busdiens

Numsa het ‘n vyf-dae-lange ultimatum aan die Putco-busdiens gestel om skriftelik te reageer op sy eise rakende die behandeling van geskorste werkers. Numsa-lede het vandag by Putco se kantore betoog. Die nasionale woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die eise het ‘n einde aan die weerhouding van salarisse ingesluit, selfs al verskaf werkers mediese sertifikate, en Putco […]

Read More

Gryslys-notering hou geen voordele in

Namibië is deur die Finansiële Aksie Taakmag op die gryslys en onder verhoogde monitering geplaas. Volgens die Taakmag kondig dit aan die globale gemeenskap aan dat daar tekortkominge is in ‘n land se vermoë om geldwassery, die finansiering van terrorisme, en verspreidings-finansiering teë te werk. Kosmos 94.1 Nuus het by dr. Omu Kakujaha-Matundu van die […]

Read More

Kaderontplooiing beheer senior aanstellings in SA staatsinstellings

Die DA se nasionale woordvoerder vir Staatsdiens en Administrasie, Leon Schreiber, het die uitwerking van die ANC se kaderontplooiingsbeleid onthul. Dit sluit in, die ANC beheer die vraag- en aanbod kant van senior administratiewe rolle in verskeie rade, staatsondernemings en onafhanklike staatsinstellings. Die dokument, van 1 300 bladsye, beklemtoon die gereedheid van lojale ANC-kaders om […]

Read More