Verligting oor Waratahs- en Wallabie-senter se nekbesering

Rugby: Die Waratah- en Wallabie-senter Lalakai Foketi, se nekbesering is nie te ernstig nie, maar daar is steeds onsekerheid oor sy rugby-toekoms. Hy is gister beseer tydens ‘n oefening vir die Super Rugby Pacific-seisoen en sal binnekort uit die hospitaal ontslaan word om tuis te herstel. Foketi het nege toetse vir Australië gespeel sedert sy […]

Read More

Toergids verdrink in Sandwich-hawe fratsongeluk

‘n Tragedie het hom Vrydagoggend naby Sandwich-hawe buite Walvisbaai afgespeel toe ‘n toergids in ‘n fratsongeluk oorlede is. Volgens die polisie het die gids alleen in sy Toyota GD6-bakkie bo-op die duine gery terwyl sy ses toeriste-kliënte geloop het. Die gids, ‘n 53-jarige Suid-Afrikaner met Namibiese burgerskap, het beheer oor die bakkie verloor, wat toe […]

Read More

KZN-damme gaan verder oorloop weens swaar reën

Damme in KwaZulu-Natal gaan nog verder oorloop te midde van die voortdurende swaar reën in die provinsie. Volgens uMngeni-uThukela Water het die onlangse stortreën watervlakke aansienlik laat styg, met die Midmar-dam wat 100,38-persent vol is ná ‘n oornag-vloed. Die Albert Falls-dam, wat 100,66-persent vol is, het ook baie reënwater bygekry. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n […]

Read More

Frankryk deporteer Tunisiese Imam oor kommentaar oor vlag

Frankryk het die Tunisiese Imam Mahjoub Mahjoubi gedeporteer nadat hy onaanvaarbare aanmerkings oor die land se vlag gemaak het. Die Franse minister van Binnelandse Sake, Gérald Darmanin, sê hy het die vlag satanies noem in ‘n aanlyn video wat wyd versprei is. Darmanin het Frankryk se nuwe immigrasiehervormings geloof, omdat dit vinnige deportasie moontlik gemaak […]

Read More

Gunsteling Iga Swiatek uit Dubai-ope

Tennis: Die kwalifiseerder Anna Kalkinskaya van Rusland het die Poolse gunsteling Iga Swiatek in skoonstelle verras by gister se Dubai-ope, om haar plek te verseker in vanmiddag se eindstryd. Sy het Swiatek 6-4, 6-4 geklop en speel nou teen Jasmine Paolini van Italië, wat Sorana Cirstea van Romenië 6-2, 7-6 geklop het. Beide finaliste sal […]

Read More

Copps 94.1-span help weer waar hulle kan

Die Copps 94.1-span het ‘n stil aand beleef, en het geen dringende kwessies hanteer nie. Die ergste voorval was waar ‘n motor met gladde bande, waarvoor reeds kaartjies uitgereik is, en ‘n ander voertuig in ‘n botsing betrokke was. Altwee die voertuie is afgeskryf. Francois Lottering het die besonderhede.

Read More

Woolworths herroep sy grondboontjiebotter-roomys

Woolworths het ‘n onmiddellike herroeping van sy grondboontjiebotterroomys-handelsmerk uitgereik weens potensiële gesondheidsrisiko’s. Die kleinhandelketting vra klante wat die produk gekoop het om dit na hul plaaslike winkel terug te besorg vir ‘n volle terugbetaling. Die herroeping is spesifiek van toepassing op die Woolworths-handelsmerk. Toetse het vlakke wat hoër as wettig is van die natuurlik voorkomende […]

Read More

Sjokolade gaan nog duurder word

Kakaopryse het binne ‘n jaar met 65-persent gestyg, wat wêreldwyd uitdagings vir sjokoladeliefhebbers inhou. Produksie-terugslae in Wes-Afrika, die bron van 70-persent van die wêreld se kakao, en stygende suikerkoste, dra by tot die prysverhoging. Navorsing bewys egter verbruikers sal steeds sjokolade koop al moet hulle van handelsmerk verander of met kleiner porsies tevrede wees. Suid-Afrikaners, […]

Read More

Banyana ‘n tree nader aan Olimpiese Spele-kwalifisering

Sokker: Banyana Banyana beweeg nader om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer nadat hulle Tanzanië met 3-nul geklop het in hul eerste-ronde kwalifiseringstryd in Dar-es-Salaam. Jermaine Seoponsenwe het Suid-Afrika se eerste doel aangeteken in die tiende minuut, en die span het hul telling in die 57ste minuut verdubbel toe Thembi Kgatlana die agterkant van die […]

Read More

Droogte-toestande verhoog mens-dier konflikte​

Namibiese boere het in 2023 verliese van ‘n verbysterende amper 14,4 miljoen Namibiese dollar gely. Die Namibiese Landbou-unie sê dit is veroorsaak deur roofdiere, diefstal, droogte-verwante siektes en rampe, asook probleemdiere. Die Lewendehawe Produsente-organisasie sê in sy ontleding die unie se lede het 1 248 insidente deur die jaar gerapporteer. Professor Morgan Hauptfleisch, hoof van […]

Read More