Betroubare data sal uraanontginning stop – Sauma

Die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, Sauma se voorsitter, Divan Opperman, het die gevaar van besoedeling van die kritiek belangrike akwifer herhaal, weens voorgestelde uraan mynbedrywighede in die gebied. Hy sê die verkryging van feitelike, objektiewe en wetenskaplik-gefundeerde bewyse is uiters belangrik. Dit is weens Uranium One, die Russiese uraan mynmaatskappy, se volharding in uitsprake […]

Read More

Kommer oor SA-kinders wat op 10 reeds dobbel

‘n Dobbelberader in die buurland sê kinders so jonk as tien het reeds probleme in verband met dobbelary. In 2023 het Suid-Afrika se dobbelbedryf 815,1 miljard Suid-Afrikaanse rand gewed, met 420 miljard rand wat alleen uit sportweddenskappe kom. Alhoewel hierdie groei die bedryf se ekonomiese potensiaal weerspieël, wek dit ook kommer oor die toenemende deelname […]

Read More

Musk se breinskyfie Neuralink kry Kanadese goedkeuring

Elon Musk se Neuralink het goedkeuring gekry om sy eerste kliniese proef in Kanada te begin vir ‘n toestel wat ontwerp is om verlamde individue die vermoë te gee om digitale toestelle te gebruik bloot deur te dink deur middel van ‘n breinskyfie. Kanada se University Health Network-hospitaal het in ‘n aparte verklaring gesê dat […]

Read More

Bokke vasbeslote om seisoen op hoë noot af te sluit

Die hulpafrigter van die Springbokke, Mzwandile Stick, en kaptein, Siya Kolisi, is vasbeslote om vir 80 minute te presteer en die seisoen vandag teen Wallis in Cardiff op ʼn hoё noot af te sluit. ʼn Oorwinning sal beteken die Bokke sluit die seisoen af met 11 oorwinnings terwyl hulle ook daarna mik om vir die […]

Read More

Mooiplaas se mense sukkel met water

Boere en gemeenskappe in Mooiplaas, geleë noord van Tses in die Karas-streek, staar kritieke watertekorte in die gesig weens die vandalisme en die agteruitgang van waterinfrastruktuur. Die inwoners het verskeie vergaderings met regeringsamptenare en die tradisioenele owerheid gehad, maar dit was tevergeefs. Die inwoners glo vas dat hulle nie op tydelike oplossings kan staatmaak nie […]

Read More

ANC bevestig Zuma is uitgeskop

Die nasionale dissiplinêre appèlkomitee van die ANC het die besluit van die nasionale dissiplinêre komitee bevestig om Jacob Zuma uit die party te skop. Die nasionale woordvoerder , Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê as ‘n voormalige president van die ANC is daar van Zuma verwag om die aan hoogste standaarde van leierskap te voldoen. Deur ‘n mededingende […]

Read More

Nog Wagner-soldate sneuwel in Mali

Minstens sewe huursoldate van Rusland se Wagner private militêre kontrakteursgroep is dood in ‘n aanval in sentraal Mali wat deur ‘n filiaal van Al-Kaïda in Noord-Afrika uitgevoer is. Wagner het voorheen swaar verliese gely in Julie in skermutselings met oorwegend Tuareg-rebelle en Islamiete naby Mali se grens met Algerië. Mali en sy bure Burkina Faso […]

Read More

Klagtes teen Bolsonaro eers in ’25

Brasilië se topstaatsaanklaer sal waarskynlik eers volgende jaar aanklagte uitreik vir voormalige president Jair Bolsonaro, lede van sy regering en militêre offisiere wat na bewering ‘n staatsgreep beplan het ná sy verkiesingnederlaag in 2022. Dit is omdat aanklaer-generaal Paulo Gonet beplan om drie ondersoeke van die Federale Polisie na Bolsonaro se optrede teen Brasilië se […]

Read More

NNN is nie eerlik nie, lieg tydens veldtog

Namibia Fact Check sê Netumbo Nandi-Ndaitwah lieg. Sy het twee keer, die eerste keer in die Zambezi-streek en die tweede keer in Ohangwena, gesê dat Swapo 85 miljard Namibiese dollar sal bestee om 500 000 werksgeleenthede te skep. Sy het ook gesê dit is vervat in die party se manifes. Volgens Namibia Fact Check sê […]

Read More

Afrika-kenner sê oor Mosambiek-geweld

Geweld in Mosambiek duur voort, met betogings wat verlede maand in Maputo en elders uitgebreek het nadat Daniel Chapo amptelik as wenner van die presidensiële verkiesing verklaar is. Meer as 26 sterftes, 37 beserings deur lewendige ammunisie en 173 arrestasies is aangemeld, wat wêreldwye kommer wek. Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het ook kommer uitgespreek maar nie […]

Read More