Jongste navorsing oor Covid-inentings

Die Amerikaanse sentrum van Siektebeheer- en -voorkoming sê mense wat nie ingeënt is nie se kanse om aan Covid-19 te sterf, is elf keer groter as diegene wat ten volle ingeënt is. Die sentrum se jongste navorsing het ook bevind mense wat die entstof ontvang het, is sowat vyf keer minder vatbaar vir infeksie en het ‘n tien keer kleiner kans om in die hospitaal te beland. Die studie, wat 600-duisend Amerikaners betrek het, het egter ook gewys die sukses van die entstof daal namate die Delta-variant meer prominent word.