Jongste Covid-syfers is van Saterdag

Daar is 1007 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig vir Saterdag, 26 Junie. ‘n Totaal van 103 leerders, 16 onderwysers, 23 studente en 36 gesondheidswerkers is in die groep. Daar was 55 nuwe sterftes wat die sterftesyfer nou op 1 400 te staan bring. Windhoek het weer die meeste nuwe gevalle met 477, Gobabis 96, Oshakati 69, Lüderitz 68, Walvisbaai 46 en Swakopmund 38. Die res kom landwyd voor. Daar is 117 632 persone wat die eerste dosis entstof ontvang het. Die herstelkoers staan tans op 75%.