Jongmense wil kans gegun word om te lei, dan baklei hulle

Die president van die United Democratic Front Apius Auchab het met die media in Swakopmund gesels terwyl die tussenverkiesing vandag aan die gang is. In sy mening moet die hoofdoel van enige kandidaat die ontwikkeling van die streek wees. Hy voeg by almal wil hê jongmense moet ‘n kans gegun word om te lei maar, dis hulle wat binnegevegte het.