Jong mense tussen 18 en 34 se inentings skop môre in SA af

Die inenting van jong mense tussen die ouderdomme van 18 en 34 jaar wat môre afskop sal help dat die Wes-Kaap nie weer, soos verlede jaar Desember, onder ‘n streng inperking hoef geplaas te word nie. Dit, volgens die Wes-Kaapse premier, Alan Winde. Winde het vroeër vandag dié besluit deur die parlement verwelkom wat jong mense tussen 18 en 34 die groen lig gegee het om van môre af ingeënt te word. Winde sê ook hoe meer mense teen Desember ingeënt is, hoe minder ernstig sal die vierde Covid-vlaag wees. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt …