Jonas sal dalk nog by Spele kan deelneem

Die Sekretaris-Generaal van die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee Joan Smit sê daar is altyd ‘n kans dat Jonas Junias Jonas deel sal neem aan die Spele. Jonas is tans in aanhouding in Swakopmund op klagte van poging tot moord na hy ‘n lid van die publiek aangerand het. Daar is ook ander klagte teen hom. Sy saak is tot 5 Mei uitgestel. Volgens Smit is hy steeds besig om voor te berei vir die Spele…