Johnson & Johnson-babapoeier steeds op plaaslike winkelrakke

Johnson & Johnson se babapoeier is steeds in Namibiese en Suid-Afrikaanse winkels te kry, al is dit aan ander markte onttrek. Die groep voorsien twee jaar sedert die onttrekking steeds Namibiese en Suid-Afrikaanse kleinhandelaars met die produk. Johnson & Johnson het nie ‘n datum verstrek wanneer die poeier amptelik van plaaslike winkelrakke verwyder sal word nie. Dit het gevolg op misleidende reklame wat wydverspreide verwarring en kommer oor die veiligheid van die babapoeier veroorsaak het. Die Amerikaanse farmaseutiese reus het aangekondig hy gaan volgende jaar die produk wêreldwyd onttrek.