Johannesburgers keelvol vir beurtkrag

ActionSA in Gauteng sê hy het die Stad Johannesburg gevra om die voortgesette kragonderbrekings regoor die stad aan te spreek. Die gemeenskap is vir langer as 24-uur sonder elektrisiteit gelaat weens beurtkrag en kabeldiefstal. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Sthembelo Majola, sê City Power en die wetstoepassingsagentskappe moet ʼn meer proaktiewe benadering volg om verdere skade aan die stad se infrastruktuur te voorkom.