Johannesburg deur derde aardbewing in drie weke getref

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Seismografiese Netwerk bevestig die suide van Johannesburg is Woensdagaand deur ‘n aardbewing met ʼn lesing van 2,2 getref. Dit is die derde aardbewing wat die stad binne drie weke tref. ’n Woordvoerder van die Raad vir Geowetenskap, Mahlatse Mononela, sê die middelpunt van die aardbewing was naby die Harmony Doornkop-goudmyn in Vlakfontein, Soweto. Mononela het sê die jongste aardbewing is waarskynlik deur mynbou-bedrywighede veroorsaak. Die vorige twee aardbewings het in Soweto en Boksburg voorgekom.