Johan Meyer verskyn weer op Mariental

Johan Meyer van Mariental, wat van strafbare manslag aangekla is ná die dood van die nege-jarige Hendrina Amupolo, verskyn weer vandag in die Mariental-landdroshof. Die saak spruit uit die oorledene, haar ma en verskeie ander wat glo besig was om boontjies op Meyer se plot by die Hardap-skema sonder sy toestemming te oes. Na bewering het hy probeer om hulle met sy bakkie weg te jaag en in die proses oor Amupolo gery. Sy is later in die hospitaal op die dorp aan inwendige beserings oorlede. Meyer, wat met die hoof-staatsaanklaer in die Hardap-streek, Anita Meyer getroud is, is nooit in hegtenis geneem nie en het homself twee dae ná die voorval aan die Mariental-polisie oorgegee. Hy is daarna borgtog van 3 000 Namibiese dollar toegestaan en geen voorwaardes is aan sy borgtog verbonde nie.