Jofra fokus nou op fiksheid

Engeland se snelbouler Jofra Archer sê hy fokus net daarop om weer topfiks te word. Hy was sedert Maart verlede jaar buite aksie weens ‘n elmboogbesering en ‘n stresfraktuur in sy rug. Hy het Woensdag in Abu Dhabi sy eerste verskyning gemaak in ‘n toerwedstryd tussen die England Lions en Engeland. Archer sê hy is gereed om hard te werk en is vasbeslote om volgende jaar gekies te word vir Engeland se 50-boulbeurt Wêreldbeker-groep: