Job veg voort vir sy vleis

Bevestiging is ontvang dat die Burgemeester van Windhoek Job Amupanda voortgaan met sy regstappe teen die Ministerie van Landbou nadat vleis wat hy Maandag in Omuthiya gekoop het by die Oshivelo-padblokkade gekonfiskeer is. Vleis noord van die veterinêre kordonheining mag nie na die suide van die land gebring word nie, as gevolg van bek-en klouseer. Amupanda se regsverteenwoordiger Kadhila Amoomo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.