J&J vertraag met ‘n week

Die aankoms van die Johnson en Johnson-entstof in Namibië is met ‘n week vertraag. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula het vroeër die aankondiging gemaak. Die entstof is aangekoop deur die African Vaccine Acquisition Trust, bekend as Avat, onder die vaandel van die Afrika-unie. Die adjunk-uitvoerende direkteur in die ministerie, Petronella Masabane het die nuus bevestig.