Jindal Steel and Power sal moontlik 6 300 werke skep
Die Indiese multinasionale konglomeraat Jindal Steel and Power verwag om 6 300 werksgeleenthede te skep by sy beplande ysterertsmyn in die Khomas-streek, sodra dit ten volle in werking is. Volgens ’n onlangse verslag sal die projek aanvanklik 100 tot 300 werkers gedurende die konstruksiefase benodig, en sowat 700 werknemers tydens die mynboufase voordat volle indiensnemingskapasiteit bereik word. Die meeste werknemers sal plaaslik gewerf word met moontlik ‘n paar uitgewekenes met spesifieke kundigheid soos benodig, lui die verslag. Jindal Africa beoog om ‘n ysterertsverwerkingsaanleg te vestig, wat plaaslike veredeling en waardetoevoeging as deel van die belegging sal fasiliteer.