Jhb sukkel met onwettige ontkoppelings in die winter

City Power verskerp pogings om hierdie winter dwarsoor Johannesburg onwettige koppelings te verwyder en inkomste-invordering te verbeter. Die stappe is om druk op die stelsel te verlig en miljarde in onbetaalde rekenings in te vorder. Waarnemings toon hoё gebruik van elektrisiteit deur onwettige koppelings of waar daar met meters gepeuter is, wat lei tot beduidende stygings met piektye saans. Om dit te beheer word ladings gedurende piektye in meer as 80 gebiede verminder, met kragonderbrekings van twee-en-‘n-half uur daagliks totdat die netwerk gestabiliseer is.