Jhb-speaker versteek verskeie verslae

Die Stad Johannesburg sê die stadsraad se speaker, Colleen Makhubele, het verskeie kritieke verslae in die metro teruggehou. Hierdie verslae is noodsaaklik vir finansiële bestendigheid en die handhawing van hoë vlakke van dienslewering in Johannesburg. Die burgemeesterskomiteelid vir Groep-korporatiewe en Gedeelde Dienste, Leah Knott, sê die sake wat die raad se dringende aandag verg, sluit in ‘n besluit oor ‘n lening, asook ‘n verslag wat korrupsie in die stad uitlig: