Jhb-brand: 20 Malawiërs onder dooies
Die organisasie, Malawi Diaspora in South Africa, sê minstens 20 Malawiese burgers is bevestig as onder die 77 mense wat gesterf het in die geboubrand in Marshalltown, Johannesburg. Volgens die organisasie is nege mense reeds begrawe. Hulle wag egter op die DNS-uitslae van elf liggame. DNS-monsters is geneem van die sibbe, kinders of ouers van die slagoffers.