Jeugwerkloosheid ‘n reuse-krisis

Business Leadership South Africa sê die jeugwerkloosheidskrisis is buite beheer en dit is duidelik die ekonomie skep nie werk vir dié belangrike segment van die bevolking nie. Die land se amptelike werkloosheidsyfer in die ouderdomsgroep 15 tot 34 staan op 46,3 persent. In die verslag van die Internasionale Arbeidsorganisasie is die wêreldwye jeugwerkloosheidsyfer 13,6 persent. Die BLSA se uitvoerende hoof, Busi Mavuso, sê arbeidshervorming wat noodsaaklik vir werkskepping is, en veral vir die jeugsektor, is ‘n onderwerp waaraan die regering nie genoeg aandag gee nie.